• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Winter in Maart...

Started by Angelica, May 11, 2011, 07:37:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica



winternag se onthou

my hande oor jou kaal
rug se biltonge   jou skouers   
jou asem hortent in my nek
jou naak bene se kalm vel streel
die oorverhitting van myne

ek blaai en blaai

deur joernale se gange van onthou
ek proe die eindelose oggende
van bekersvol wat oorloop
later leegloop

ek blaai en blaai

deur dagboeke van gister se drome
na ritte oor woestyn en klip en sand
en sproei wat opwaai teen ons bene
op Blouberg se strand
gedigte lees op 'n kombers onder
wilgerbome teen Zevenwaght se rand

jou ewig positiewe raad

die oggend is grys
ná hierdie wintersnag in Maart

elle

PM

Wow!  Dit is pragtig geskryf Angelica.  Ek leef my in in jou mooi gedig.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek stem saam. Die vrou MAG maar.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Sy bly nie ver van julle af nie     :icon_bigsmurf:   :angel12:   Sy sal maar self moet kom praat. 
Om te weet is om te verstaan.

Louis

yip!! julle is reg....sy mag maar.  besonders verwoord en pragtig beskryf

adele

adéle  :grommit:

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai


Angelica

Dankie Meraai. 
Ek dink ek gooi hom ook innie Boek2 
elle

Meraai vannie Baai