• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

wanhoop se as

Started by Louis, February 14, 2012, 11:57:24 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

In die vuurherd van vervloë liefde
graaf vlenter vingers deur koue as
dolwe steeds vir n stukkie lewe
op soek na n kooltjie
wat dalk  nog brand.
kapok-as sif nog sagkens neer
na asemwind se waai
bloedbevlekte vingers in lap toegedraai
vuilblink
die kronkelspruitjies
geëts oor stofbedekte wange
slootjies vlak gekerf
deur wanhoop se trane
als vergeefs
als gewis
smeulend die verlange
na n liefde
lank      lank reeds geblus…

PM

Droewig. Hartseer. Die gedig spreek van verlatenheid.  Baie goed geskryf Louis.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Angelica

Aaaa... jy beeld dit so werklik, jy laat my 'n knop in my keel kry.
elle

Fransi

 :hello:

Hartbrekend mooi geskryf. Pragtig.

Ah Willa

jou gedig laat my die pyn van verlaatenheid ervaar - baie mooi geskryf
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w