wil nou sommer nog skryf
Vuurvliegievrou
Skryf, jy mag maar.
PM het my inset gevra en ek dink ook dit is baie mooi. soveel idees en 'n dans wat swaai in my gedagtes.
Ek sou in die eerste vers die 2de reël laat oorloop na die derde want die idee loop vir my aaneen. Die punt breek die reël stomp af wanneer ek dit staan en hardop lees.
Onder die hemelnag
loop ek suutjies deur die gras
en agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.
dan ook in die 2de strofe-
In die lig van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemelruim.
omdat ..hemelnag... in die eerste reël so mooi woord is, laat dit hierdie ...hemelruim ... afgewater klink, ek sou iets kies soos ... fluweelnag...
In die lig van....
met die volgende strofe se
...donker gloed...
sou ek iets gebruik soos:
In die dof van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies ...
Terwyl die maan sy donker gloed ontbloot,
neem haar gestalte aan;
[die ; pla ook hier, dit dien nie 'n doel nie want die volgende reël is nie 'n verandering van gedagte nie, maar 'n uitbreiding op die vrou se voorkoms]
my gedagtes loop dan so:
Onder die hemelnag
loop ek suutjies deur die gras
en agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.
Teen die fluweel van die donkermaan,
dans vuurvliegliggies
patrone in die nag...
En wanneer 'n ster sy flikkering ontbloot,
neem haar gestalte aan...
’n Rooi rok wyd gesprei
styfgespan oor haar bene
gevorm vir die oog van ’n man,
spruit sy haar dans van die vuur.
Haar blonde lokke waai vir my,
gee my krag wat leef
diep diep in my vlees.
Voete tone trap sag tog ritmies in die sand
dans sy haar dans teen die vuur.
Riel saam ritmies,
met die vuurvliegiegloed geëts teen die donker maan.
Die kole knetter en spat.
Haar oë helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister.
Met ’n oogknip is sy weg,
maar ek sien die rooi rok wuif wapper
sag tussen die riete en ek weet
oormore sien ek haar weer...
Maar dis net my gevoel.