• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

n-Korte-en-twee-langes-en-n-oproep-uit-die-verlede

Started by adele, June 14, 2012, 05:15:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.


PM

Dit was nou lekker om te lees.  Het sommer baie herinneringe kom wakker maak.  Dankie Adéle.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
Ons het baie jare gelede die winkeltjie gehad in Schoemanskloof, onder in die vallei, net so paar km na jy Old Joe die standbeeld (as ek reg onthou) verbygegaan het. Deel van die winkel was dan ook die plaaslike sentrale wat ons 'beman' het. Kompleet toegerus met wat hier so kostelik beskryf is. Die ander vroulike sentrale op Machadodorp, was so lief vir Jim Reeves. Nou moet ek eers bieg: Husband no 1 het dwalende oge en ore gehad. As ek ingekom het van die stoorkamer dan snik ou Jim: "Druk jou soetelippies teen die telefoon, in verbeelding is ons tweetjies saam, alleen ...   :sign10:

Soet en bitter was die Korte-en-twee-langes-oproep-uit-die-verlede vir my vanoggend  :`ip2:

JC

Skuus vir die seer Raaitjie.  Bitter herinneringe uit die verlede het mos maar 'n manier om op die mees onverwagse tye en plekke op te duik.  Hoop jy het dit terug geslaan met 'n plank. 

Meraai vannie Baai

Ek skuld hom eintlik PM  :toothy4: was dit anders het ek nooit my aardse engel gehad aan my sy. Verruil myse Outop vir niemand!  :love7:

JC

Ag ek is bly.  Dit is net jammer dat 'n mens eers uit die bitter beker moet drink.  Alles wat goed eindig is goed genoeg.   :angel3:

Meraai vannie Baai

Staan ek saam met 'n gas weer 'n oomblik hier stil en lig my blikbeker dankbaar en hoog op 'n nuwe begin  :coffee2:

Assie

Twee langes en 'n korte.
Onthou nou weer Oom Naas se jonger boetie, Jannie wat met 'n meisie van Koffiefontein uitgaan.
Hy wil haar bel maar is te bang haar ouers tel die foon op. Nou moet Oom Naas bel.
Groot fout.
Oom Naas bel en Koffiefontein se handsentrale tel op.
"Koffiefontein goeie more!"
"More. Is dit kitskoffie of moerkoffie?"
Daai antie op die setrale vererg vir haar op slag in 'n vreemde bloedgroep in en sny Oom Naas af.
Nodeloos om te se, daai nooientjie het nooit weer van Oom Jannie gehoor nie.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Hiehiehie. Sinkplaatgiggel, voel my ek is oppad na die hoogste punt van Queensland waar jy afstande meet aan 10,000 corrugations

Assie

Die onderwerp laat my altyd dink aan Oom Skoongesig van Arniston. Oupa se sy baard groei soos plaastelefoon. Twee langes en drie kortes.

:mumum:

Naas

Sies Assie, jy moet darem nie my stories so loop oorvertel aan die wereld nie. Wat nou as daai koffiefontein nooientjie een van die forum gaste is?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Sy sal maar moet kom saam praat, or forever hold her peace.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Maar nou wat nou van my?  Ek drink net swart koffie.
Om te weet is om te verstaan.