• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vaal Tuintjie

Started by Naas, February 13, 2012, 04:54:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

In my vaal tuintjie
waar die droë grasse
sukkel om te oorleef.
Tussen verlepte varings
en geplooide kaktusse heen.
Ja, daar in my verlepte,
vergete, vergeelde vaal ou tuintjie,
daar beur 'n roosboompie
teen die natuur.
En 'n geurige bloedrooi roos
vou sy delikate sysag lippies
skugter oop vir my.

En jy, my valentyntjie,
tussen al die dorre bloeisels
in my eie vaal ou tuintjie,
is daardie roos vir my.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Gekroonde lyne wat blom in jou Vaal Tuintjie Naas  :notworthy:

PM

Aitsa, sneeu op die berge maar vuur in die valei.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Op daai berge begin die klippe nou deur die bossies groei.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Dis mooi Naas.

En 'n geurige bloedrooi roos
vou sy delikate sysag lippies
skugter oop vir my.


Mooiste mooi woorde....

:angel12:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

elke tuintjie dra sy kruis en mooi kleure en geure - prag gedig Naas!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

van jou mooiste tuintjie-woorde

:grommit:
adéle  :grommit:

Fransi