• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

In die arms van 'n rolbos

Started by Naas, August 20, 2015, 08:46:23 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

In die arms van 'n rolbos
deur die wind verwaai,
rondomtalie ek leegkop voort
teen die spoed van witlig na nêrens

Leegkop, willoos rondomtalie
soos die swaaie by die sirkus,
jaag ek deur die lewe
In die arms van 'n rolbos

Takke breek en spat
soos ek die vlaktes jaag.
En my stukke dekkend die stofveld,
word deur die wind verwaai

Geen beheer, geen einde...
Net 'n dolle jaag na more...
Sonder rigting. sonder kompas
rondomtalie ek leegkop voort.

Oor bosse en deur grensdraad
huppel en bons ek prettig.
Onbevange snel ek aan
teen die spoed van witlig na nêrens

Ja, teen die spoed van witlig na nêrens
rondomtalie ek leegkop voort
deur die wind verwaai
in die arms van 'n rolbos


Naas ©


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek lief lief!! Welgedaan Naas. Dink jy ek kan op die naam van hierdie struktuur kom?  :crybaby2: :dontknow: Help asseblief!

Naas

Ek dink julle noem dit Naas se truverse.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Laat ek my kop in skaamte sak! Natuuuurlik  :icon_cheers: :notworthy: PUIK Naas!

PM

Ek stem!  PUIK! 
Ek voel ook deesdae so. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Lê ek nou hier in die ESKOM donkerte en wonder of die rolbosse snags ook rondwaai.
Leegkop na nêrens sonder keer en sorge die vlaktes oor.
Die mens jaag orgasmies na wind om voort te plant. Die arme rolbos word aan flarde gewaai deur die wind om sy saad te versprei.
Oupa sê vanmiddag, vooruitboer het deur donker hande kortsluitings veroorsaak en ploeter nou in trurat die donker dale in. Dis wat gebeur as jy van visse verwag om boom te klim.

:mumum:

Naas

Aai Assie. Ek wonder of Beethoven sy Moonlight sonata in die donker geskryf het?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

As so klompie rolbosse laer trek, kry jy hulle nie sommer uitmekaar nie. Ek dink ons klompie hier is rolbosgehalte griffelaars.

Naas

'n lekker pot boontjiesop en ons voorsien ons eie wind.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Iewers het ek net nou gelees dat jy 'n gedig voorlees Naas, maar daardie Afrika wind het my nou skoon deurmekaar gewaai en kry dit nie weer nie. Kon natuurlik net lees. Nie 'n woord kon hoor sniksnik. Kan jy die ding dalk met FB se messenger stuur? Sal soooooo graag wou hoor.

Naas

Dis daar by so sit ek. Maar nie gedig voorgelees nie, net gesê toets toets om te sien of ons klank op forum kan sit. Maar ek vermoed Ta Raaitjie gaN nie die aanhangsel kan sien nie want dit werk selfde as fotos.
Ek kan fotos sien en klank hoor maar net Assie kan dit plaas. (en Antjie Patat)

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wil julle nie asseblief help en ook by simplemachines forum gaan registreer en help uitvind wat die probleem is nie.  Ek is heel oningelig oor hierdie goed en ek is seker julle kan beter kop of 0 uitmaak.  ???
Om te weet is om te verstaan.