• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rooiwyn

Started by PM, October 29, 2012, 07:53:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Soos wat Benjamin Franklin oor sy bier voel, so voel ek oor my rooiwyn. 

Beer is living proof that God loves us and wants us to be happy.   
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin:

Ek geniet ook my rooiwyntjie.

Ah Willa

Ek dink die feit dat ek asem haal is 'n bewys dar daar 'n living God is - bier bewys my niks dis so sleg, ek bied nie eens vir die wurmpies hier rond aan nie ... rooiwyn ... nou daai is mos nou wat mens mee kan saamleef - hoer rooier hoe lekkerder - ons praat van Osbloed - dis waarvan ek hou ... of a portjie  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

As 'n "night cap" kan 'n portjie goed werk.  Met camemberg of brie werk dit ook so nou en dan.  Rooiwyn bly koning!
Gister het Hannes vertrek na Grootvlei waar hy toesig hou dat hulle 'n transformator uithaal, moet laai en na Hendriena toe oorskuif.  Om alleen langs 'n vuurtjie te sit is nie vir my nie, maar 'n ou rooietjie help om die eensaamheid te verdryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Rooiwyn natuurlik medikasie op sy eie  :toothy4: help om die rottegifdosis minder te maak, so gepraat van wyn - PM jou rooiwynglas staan op aandag by die tafel vir twee; geboek in die fam se koffiekroegie hoor! Ek steek solank die kers en lampe aan vir ons  :love7:




PM

Ek is so bly jy is terug Raaitjie en ek spring nou op my besempie!  Lief die glasies!  Een pienketjie en een persetjie.   :icon_biggrin:  Skink solank Sustertjie!   :love7:

Hannes het my toe kom haal en ek het drie dae in 'n donkerkamer gebly.  Toe ontdek ek hierdie "voormanshuis" op die plaas.  Alles is wit, die vloere, die mure, die gordyne en beddegoed.  Nou is ek baie gelukkig.  Steeds alleen, maar tevrede. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Pienk en pers sal dit wees  :love7: Geniet jou voormanshuis matertjie! Sneppies groot seblief!! Jare gelede toe my pa nog nie self geboer het nie, het ons die voorreg gehad om in so huis te woon, klein entjie van die 'groothuis' en dit is deel van my onthou's. My ma se grootste bekommernis en werk was dat ons nie te hard moet lag nie want die baas van die plaas is net 'n klipgooi ver! Vertel nou vir vyf kinders om stigtelik te lag en speel. Ek giggel nog steeds vir alles en dit was daai jare wragtag erg aansteeklik gewees. Arme broer en susters. Laat ek sommer nou verskoning maak vir doerie jare  :notworthy:

PM

Hier is dit.  Ons is darem ver van die plaashuis af.   :hello2: 

Kinders is mos kinders!   :angel7:

O genade!  Hier sluip Outop se kraanvogeltjie ook in.  O hallie ha!

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

O hallie ha het ek nou geniet. ALLES tot die ou kraantjie ook hehehhe. Hoeka ly ons dors, vreeeslik droog diekant! Mater dit is lieflike plek. Ek ervaar die rustigheid met al my sintuie!!!

Meraai vannie Baai

Ek is opsoek na 'n kraanvogel ... krap in die pandok se sneppies rond  :toothy4:

PM

Daar het jy dit!  Ek pleit bewusteloos.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Is ons nasionale voel dan nie 'n kraanvoel nie...
Of dink ek nou aan die Rainbow chicken.
Nee. Nou's ek weer toetaal deurmekaar.

:mumum:

PM

Dit moet een of ander chicken wees, Rainbow, Nando's of KFC, want daar is nie krane in elke huishouding nie.  Dit kan dalk ook   Huawei wees.
Om te weet is om te verstaan.