Net ‘n kort opsomming oor hierdie uitmuntende skrywer.
Dalene Matthee
(1938 – 2005)
Die skrywer Dalene Matthee, gebore Scott is op die 13de Oktober 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap, Suid-Afrika, gebore.
Haar vader, ‘n bouer van beroep, was Danie Scott (‘n direkte afstammeling van Sir Walter Scott) en sy vrou Hester, ‘n huisvrou. Dalene was die derde van 5 kinders.
Sy het aan Langenhoven Hoërskool in Riversdale skool gegaan.
Daleen is veral bekend vir haar vier “Bosboeke” wat in die Knysna-bos afspeel:
Kringe in
die bos
Fiela se kind
Moerbeibos en
Toorbos.
(Sien ‘n lys van boeke onder)
Sy begin haar skryfloopbaan met kinderstories en kortverhale en pak
haar eerste groot roman aan ná ‘n staptog in die Outeniqua-staproete by Knysna.
Sy doen deeglik navorsing oor die woud en sy mense.
Haar boeke is in 14 tale vertaal.
Kringe in ‘n bos en Fiela se kind word reeds vir
meer as 20 jaar as voorgeskrewe
boeke in skole gebruik. Haar werk is
onder meer met die ATKV Prosatoekenning (4 maal),
die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswesetoekenning (2 maal),
die Switserse Stab-toekenning en
Die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre toekenning (postuum) bekroon.
Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as 1 miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is.
Dalene Matthee se boeke :
Die Twaalfuurstokkie (1970)
Die Judasbok (1982)
‘n Huis vir Nadia (1982)
Petronella van Aarde Burgemeester (1983)
Kringe in ‘n bos (1984)
Fiela se kind (1985)
Moerbeibos (1987)
Brug van die esels (1993)
Susters van Eva (1995)
Pieternella van die Kaap (2000)
Toorbos (2000)
Die uitgespoeldes (Postuum – [na haar dood] 2005)
Ek het ‘n bietjie gaan kersopsteek by
https://kakkerlak.co.za/dalene-matthee/