Nou het ek wragtag 'n klontjie oppie skouer.
Die oom weet my te vertel dat ek nie woorde kan gebruik wat nie in die woordeboek is nie. Hy is gekant daarteen want hy is 'n "taalpurist".
Nou kyk, ek is vreeslik bly iemand be-ywer hom nog vir die skoon en suiwer hou van my taal en drie goue sterretjies vir hom. Ek wens net hy het nie so 'n lelike vieslike anglisistiese woord soos "taalpurist" gebruik om homself mee uit te skel nie. (wonder of dit al in die nuutste woordeboek is? Weet wel dit word in Nederlands gebruik en aanvaar, maar dit het nog steeds 'n Engelse herkoms.)
"Wat is in elk geval verkeerd met die woord "olikrokkenosterstruiswyfkuiken of Steekjouneusiniemandanderssesake?"
Wonder waar sou die woordeboek gewees het as niemand nuwe woorde uitgedink het nie. Die woordeboek sou nie eers 'n naam of 'n buiteblad gehad het nie.
"TAALPURIST... ghu... kan jy dit nou oorvertel aan dowe mense?