Dit is nou 'n paar minute voor twaalf. Almal het nou gegroet en huistoe gegaan. Party slaap oor en het nag gesê want more is nog 'n dag.
Die groot dag! Vertel hulle vir my, die dag wat ons boek bekend gestel gaan word hier in die Kaap. My brein steek nog vas aan hierdie wonderlike dag wat ek my "sewentigste" verjaardag gevier het. Ek wens dat almal wat ek ken hier kon wees. Hier in die Kaap. Hier waar die wonderlikste vriende woon. Hier waar almal opgetrek het om hierdie dag vir my spesiaal te maak. Ons moes vinnig ekstra disse opgetower het om vir elkeen 'n ietsie te ete aan te bied, want toe ons ons ogies uitvee, was hier mense wat ons nie eers geken het nie. Ek voel soooo spesiaal! So bevoorreg!
Aan al my Kaapse vriende wil ek baie dankie sê. In my hele lewe het ek nog nooit so spesiaal gevoel nie. Naas, Trappies, WW, Ellé wat van nou af bekend sal wees as EL, en Ouma Naas, my eie Magret wat ek van die Transvaal af saambegring het wat my met hand en tand bedien asof ek Queen Elisabeth is, al die ander siele, baie dankie, ek het 'n wonderlike spesiale dag gehad.
As ek een wens kon hê, sou dit wees, dat elkeen van julle, kon besef, hoe lief ek julle het. Hoeveel julle vir my beteken! Mense, my liewe mense, ek lief julle elkeen in die besonder. Ek doen opreg!