• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koi

Started by Angelica, February 15, 2012, 06:15:30 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Koi
Toe die rooi vis deur die water breek
het jou hand gegly
het jou hand gegly
teen my kleinrug

Toe die rooi vis deur die water breek
het die son geskyn
het die son geskyn
oor my hartsvrug

©Elsabe

elle

Meraai vannie Baai

#1
Ek het kom hang aan hierdie woorde, heen en weer geswaai saam met die herhaling en gewens ek kon jou sien sit by 'n kaggelvuur en jou stem dit hoor voordra Angelica! Lankal het ek by die Woesblad 'n voorstel gedoen dat ons 'n klankopname maak van ons abc skeppings vir mense met swaksig ens. Hierdie ene sou ek beslis wou hoor, soos soveel ander van die werk wat hier wegkruip op die werf!

PM

#2
Ek het al die klankopnemers gekoop Raaitjie, as ek tuis is sal ek werk daarvan maak.  Ek is soooo bevoorreg om vir Engeltjie hier by my te hê en Vrydagaand sal sy moet voorlees!  
Naas sal sy opnemertjie moet saamneem, dalk kan ons iets goeds hieruit laat gebore word.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

#3
Werklik besonders.

PM

Skuus Engeltjie, ek het net gou die boesman uit jou rooi vis uitgesny.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Louis

ek hou baie hiervan. ek kan die woorde visualiseer en die prentjie is pragtig

Angelica

Dankie aan almal wat dink my rooivis versie is besonders.
Dankie ook aan PM wat die boesman in 'n rooivis verander het.
Meraai, ek wens ons kon soms net by mekaar sit en voorlees.  Sou dit nou nie ideaal wees nie?
elle