• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Louis se leeuwelpie

Started by PM, December 22, 2011, 10:09:55 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

#1
Skuus vir die groot en die klein foto'tjie maar die detail is vir my so goed gedoen dat ek dink dit is nodig.
Louis, dit is uitstekend gedoen, so lewensgetrou en daardie oë praat met my.




Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Awe dits heavy oulik gedoen!! nice!!!
*The one and only AWESOME-EST


Angelica

Louis....
Pragtig. Ek weet nooit werklik watter woorde om te kies om my waardering vir jou talent uit te spreek. 
elle

Meraai vannie Baai


PM

Ek moes net daardie "groot oë" groot plaas.  Dis is vir my werklik baie mooi!
Om te weet is om te verstaan.

Stof

So 'n gesiggie vra mos om aangeneem te word...  Is hierdie kietsie steeds wees?
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Trapsoetjie

Ja watter woord om te gebruik ek stem. Ongelooflik mooi. Louis verkoop jy die sketse?  :notworthy:

:angel12:

Gawelina

Daai oë is ongelooflik goed gedoen!

Louis

jis, ek waardeer regtig al die inloer en komtaartjies.
ek het nog nooit in my lewe iets verkoop nie.........gee mos alles net weg
van al die honderde tekeninge wat ek al gemaak het  is hierdie paar al wat ek het, en dis seker omdat hulle nog nuut is
ek het ook nie rerig n benul van die waarde van sulke goed nie
miskien sal iemand my nog eendag wakker klap

Gawelina

Louis, ek het dieselfde probleem. Gee ook te maklik weg. En elke keer as ek nog 'n ietsie vra vir 'n skets, voel dit of ek steel. Ek sal ook graag wil weet hoe die ander hieroor voel.

PM

Ek dink nie daar is genoeg geld in die wêreld om te betaal vir so 'n "liefdesgeskenk" nie. Ek noem dit so omdat dit uit die kunstenaar se hart kom. 
Om te weet is om te verstaan.