• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skuld-trompetter

Started by Naas, January 29, 2012, 06:10:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

In die skadu
van die robot
sit sy gatrus wydsbeen.
Leë papierbord
gevul met bedelwoorde
in aasvoëlkloue vasgeknyp.

In die skadu
van die robot
trap my skuldgevoel rem...
Gly my menswees
tot skreeuende stilstand
teen die aanval op my meegevoel.

In die skadu
van die robot
skyn die rykdom deur haar oë.
Wanneer nog 'n jammerhart
Haar niksdoenbeursie
onverdiend met aalmoes vul.

In die lig
van die robot
val die skille van my geestesoog,
skuif my lewe
weer in eerste rat...
Slaan my lewenslig weer groen.

In die lig
van die robot
los ek my beursie toe,
los ek haar agter,
wyl my skuld-trompetter
gatrus wydsbeen in my skedel verstil.

© Naas

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Ongelooflik goed geskryf!  :notworthy:

Daai Skuld-trompetter, moet bietjie minder petter, as jy vir almal 'n niks werk aalmoes toe dien, staan jy lang haar by die pilaar en staan jy bekend as  :icon_bigsmurf: die beddelaar.

:angel12:

PM

Pragtig geskryf.  Kry ek kouerillings wat maak dat my gedagtes, in die skadu van die robot, rondomtalie draai.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Regtig baie goed geskryf.

Ek het al gewonder as 'n mens al die rande wat 'n mens so weggee bymekaar sit, hoeveel dit sal wees en of 'n mens dit dan nie eerder maandeliks vir bv. kinderhuise ens. kan gee nie.

Lox

Ons was laas naweek in Somerset wes omgewing. Onder by die Lord Charles verkeerslig staan 'n jongerige wit man met haai siestog plakkaat wat hy vashou, iets van nie werk nie en nie kos nie ens.

Gelukkig? is die lig vir my groen.

Kuier 2 dae later by 'n vriend wat daar naby die plek woon.

Vertel hy:

Een of ander kerk groep het die man daar gaan optel, hom kos gegee, nuwe klere, blyplek gereël, hy kry ontbyt en aandete en 'n werk. Hy het 'n week gewerk.......toe los hy als, sy woonplek, werk die etes als los hy om weer te gaan staan met plakkaat. Die rede: hy verdien meer om te bedel as om te werk.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

adele

sjoe! wat 'n goeie woordskildery, klaar geraam ook.

:grommit:
adéle  :grommit: