Author Topic: Hulp aan Groenteboere...  (Read 5085 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Hulp aan Groenteboere...
« on: February 04, 2012, 07:19:04 AM »
http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Urine-is-goed-vir-kweek-van-groente-20120203-3

Ek moes net hierdie met julle deel.
Lox, ek weet nou nie of jy dit dalk in jou wingerde wil toepas nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Hulp aan Groenteboere...
« Reply #1 on: February 04, 2012, 09:56:54 AM »
Oeps! Ek dink 'n ou kan die takie gouer afgehandel kry as jy die fosfor
uit 'n ander bron kan bekom.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Hulp aan Groenteboere...
« Reply #2 on: February 04, 2012, 10:50:38 AM »
Ons doen dit op klein skaal hier op die plaas. Hier werk net mans op die plaas......en dis nou maar 'n man ding, hy wil mik iewers wanneer hy in die veld die omgewing natspuit.
Nou mik ons na die stokke en iewers moet darem hier en daar een stok wees wat die voordeel daarvan kry, dlak daai stokke wat so kop en skouers bo die ander uitstaan.

My Ouma het vertel dat in die 2 de wêreld oorlog was hier klomp Italianer krysgevangenes wat onder andere op plase gewerk het.

Daai tyd het huise nog nie spoel toilet gehad nie maar longdrop buite
Sommige van hulle was fluks en het tuin gemaak. Syt vertel van die een wat dan elke oggend die potte onder die beddens bymekaar gemaak het.

Die groente tuin was met water nat gelei, nog nie spreiers gehad nie.
Toe bou hy so dammetjie langs die leivoor en gooi die urine in die potte daarin. Dan het van die water in die dammetjie ingegaan en weer uitgeloop en so die urine verdun en eweredig in die lei water versprei.

Die ou se groente was altyd van die mooiste en beste in die omgewing.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Hulp aan Groenteboere...
« Reply #3 on: February 09, 2012, 05:41:16 AM »
Ja sien, die grond is net deels verantwoordelik vir die oes.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.