• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

As jy weer kon.

Started by Naas, February 07, 2012, 03:22:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

As ek my lewe oor kon kry sou ek:
1) 'n selfsugtige donner gewees het wat net vir myself werk sodat ek op 50 kon aftree en die land waarin ek bly kon geniet
2) My vrou verbied om verpleging te doen want dis 'n ondankbare werk waarvoor jy nie naastenby die vergoeding kry wat jou toekom nie.
3) Ek sou beslis nie weer onderwys gee nie.
4) Ek sou nooit begin rook het nie.

En nou is dit te laat...   :pottytrain5:


:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

O jong dis nou 'n onderwerp wat my bang maak.

As ek weer kon...sou ek aangehou het met Ballet, maak nie saak wat die dokters gesê het nie.
As ek weer kon...het ek deur gedruk en aangehou met Dressaging.
As ek weer kon...het ek die wereld deur getoer met 'n rugsak.

:dontknow:

:angel12:

Meraai vannie Baai

#2
As ek kon sou ek my gedane dade wat ander misverstaan en seergemaak het, wou uitvee soos geskrewe woorde op kuberpapier :crybaby2:

En as ek kon sou ek die tyd wou terugdraai sodat ek die klippertjie met sy rotskuns deur moeder natuur, kon gaan optel en bewaar. Nou het ek net twee fotos van dit - toe ek uiteindelik die moed bymekaargeskraap kry om dit op die 'verbode terrein' (waar die eienaar besig is om die plantlewe te verwoes vir sy toeriste ontwikkeling langs die dam) te gaan haal, het hy klaar met sy vier by vier monster oor dit gery sniksniksnik. Is daar net die klipskerwe oor  :crybaby2:

Ekke lief goeters soos hierdie, kan julle die figuurtjie met sy pyl uitmaak? Ek sien tot musieknote in die kledingstuk net so bokant die dansende voete en links van die 'boesman' is daar ook 'n swewende figuur in wit, en nog so halwe figuur weer links van dit  :icon_bigsmurf:


PM

Dit is pragtig Raaitjie. 
Ek hou van die "misverstane gedane dade" uitvee, en as 'n mens maar net kon, sou dit wonderlik wees. 

Sou ek my lewe oor kon kry en dinge anders doen, sou ek nooit die lesse geleer het wat ek geleer het nie, nooit die vriende gemaak het wat ek nou het nie en ek dink, ek sou baie "armer" gewees het.   
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Ek lief die prentjie-klip. :-)

Ek wens soms ek kon al die eina-dinge wat ek al gesê en doen het, uitvee, maar soos PM, dink ek ook dat ek nie dieselfde mens sou gewees het, sonder van daardie lesse nie. Selfs die rerige seer-goed het dikwels (jare later) positiewe uitkomstes gehad, juis ag.v. die groei wat na en gedurende pyn plaasvind.

PM

Jy stel dit baie mooi Fransi. 

Daar sien ek toe 'n wit langoorhond ook raak!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Oe Meraai, jy kan bly wees daai klip is doer onner.
Ek is so gek na klippe. Ek wil net altyd 'n klip, of skulp, optel en huistoe dra.
My skoonpa het 'n plaas in Mariental Namibia en toe ons eenkeer daar kuier, gee hy vir my 'n stuk hout fossiel.
Ek het ook stukke klip in my kombuis vensterbank.
Wat sou ek anders doen as ek kon?
Dalk meer tyd saam met Pappa deurbring. Ek het skaars tyd met hom gehad.
Nie gaan verpleeg het nie. Dit was chaos. Eerder dalk studeer het.  :icon_study:
En gespaar het.  En gereis het.
Maar alles wat gedoen is en gebeur het, het van my gemaak wat en wie ek is.
Vandag is ek die gelukkigste wat ek nog ooit in my lewe was.
elle