• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sjokolade blokkies

Started by PM, January 30, 2012, 10:37:29 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Bestanddele:

2  Pakkies Marie of Tennisbeskuitjies
1  Pakkie 500gr versiersuiker
30 ml (2 eetlepels) kakao
250 gr margarine of botter
2 Eiers
1 Telepel vanilje geursel.

So maak mens:
Breek beskuitjies in klein stukkies en hou eenkant.

Sif versiersuiker en kakao saam in 'n ander bak.
Plaas die botter in 'n kastrol op die stoof op lae hitte. (Hou die kastrol op die stoof op lae hitte.  Die mengsel moet nie kook nie. 
Voeg suikermengsel by die botter op die plaat en meng goed.
Klits die eier en roer dit by die mengsel in.
Voeg die vanilje en beskuitjies by die mengsel op die stoof.
Roer alles goed deurmekaar.
Smeer 'n bakplaat en gooi die mengsel daarin.  Maak dit gelyk.
Plaas dit in die yskas.
Wanneer dit gestol is, sny in porsies so groot soos verlang.
Smul lekker!

Om te weet is om te verstaan.