• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dadelbolletjies

Started by PM, January 30, 2012, 11:59:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dadebolletjies

Bestanddele:
25 gram botter
250 gram fyngekapte dadels
Kwart koppie suiker (60 ml)
1 Ekstra groot eier geklits
20 Mariebeskuitjies gekrummel
100 ml klapper (opsioneel)

So maak mens:

Smelt die botter oor lae hitte.
Voeg die dadels by en roer en verhit tot die dadels sag is.
Verwyder van die hitte en voeg die suiker by.
Roer tot opgelos.
Voeg 'n bietjie van die warm mengsel by die geklitste eier en roer deur.
Voeg die eiermengsel by die orige dadelmengsel en meng goed.
Voeg die Marietjieskuitjies by en meng deur.
Plaas in die yskas om af te koel.
Rol in balletjies en dan in klapper indien verkies.
Plaas in klein papier-koekvormpies en verkoel tot benodig.
50 bolletjies.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Self 'n groot gunsteling in ons huis hierdie! Ek het dit net in blokkies gesny
en die Ausie beskuitjies effens growwer gelos.


PM

Dit kan beter werk Raaitjie.  Jy kan die "toetskombuis" hanteer vir die boek en foto's.    :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hilda'tjie se Dadelvingers...
Hopeloos te lekker om te maak.  Ek eet hulle alles self op. Woerts-warts.
elle