• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ook vir jou.

Started by Naas, December 31, 2011, 06:41:27 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Wense aan almal van julle want julle is almal spesiaal.

Deur die brandnetels en kersboomblare
van 'n verlede jaar,
staar hoopvol oë
na 'n onbekende toekoms.

Sommig kyk terug na rampe
en hul ween...
Sommig onthou die mooi
en plant rose.

Mag jou rose in die nuwe jaar
in volkleur vreugde bring,
...die dissels en die onkruid
uit jou jaar verdring.

Mag jy oor 356 dae terugkyk
na 'n wonderlike tyd.
'n Tyd wat vir jou dan
net na rose ruik.

© Naas


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Die moooooiste seenwense-boodskap ooit  :icon_salut: :notworthy: :love7:

PM

Mooi geskryf Naas.  Mag hierdie pragtige rose wat jy hier geplant het ook tot volle blom kom en ongekende soet geure voortbring. 
2011 sal altyd vir my soete herinnering inhou.  Die boek is vir my 'n groot vreugde en sal nog sorg vir baie rustige ure in 2012.  Dan is daar die vooruitsigte van boek twee...   :bootyshake: 

Mag hierdie jaar vir jou rosig wees.  Om Oupa te word is 'n mylpaal in jou lewe.  Omdat dit jou eie dogter is, het dit soveel meer inpak.  Vir 'n gevoelvolle mens soos jy, sal dit 'n emosionele ervaring wees.  Daardie pienkvoetjies het die geneigdheid om 'n mens se dae te vang, jou gedagtes te oorheers en jou hart tot barstens toe vol te maak. 

Mag dit vir julle 'n mooi jaar wees.

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hi Naas,
Ek het jou sms vanoggend gekry met die mooiste woorde in..  en toe ontdek ek dit hier.
Dankie vir jou mooie wense vir elk van ons. 
Ek stem, almal hier is spesiaal.
Mag ook jou nuwe jaar vol berusting en vrede wees.
O ja,  baie geluk met die komende toevoeging tot die familie.  'n Dogter is baie spesiaal en wanneer sy 'n baba in die lewe bring, is dit koesterend mooi.
Wanneer is die blye dag? 
elle

adele

julle is 'n kosbare groepie in my griffelhart se spesiale hoekie, mag julle jaar ook net oorloop van genade-geluk. dankie ook vir jou mooiste woorde, vriend Naas.
[maar hierdie jaar sommer 366 dae ipv 365 dae]

:grommit: 
adéle  :grommit:

Naas

Aag, wat is 'n daggie nou tussen vriende.
Ek kom agter my Altzheimers light is besig om op te klaar. Ek onthou 2011 asof dit gister was.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

adéle  :grommit:

PM

Ek dink dit was eergister Naas.   :icon_biggrin:
Die nuwe jaar is besig om oud te word.   :dontknow:
Skrikkeljaar, die meisies mag die seuns uitvra hierdie jaar.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ja-nee. Dis al weer amper kersfees...
As die paashaas eers sy choklit eiers gele het gallop die jaar al weer eenhoring Desember se kant toe.






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Het probeer skryf net nou en agter gekom my gemoed is baie donker en gister raas weer hard in my ore vanaand. Toe lees ek hier en dis pragtig. Ek dink ek moet dit letterlik op neem en vir my 'n roos koop en dit dokter vir 'n roosige uitsig.... :icon_biggrin: Dankie Naas.

:angel12: