Kyk dis Maandag die 16de....Ja Maandag die 16de. Kon dit nie maar asseblief Vrydag die 13de gewees het nie....
Ry van die Gym af, vang die Verkeer my. Kom laat by die werk aan. Stap in word ek vertel die water is af. Net reg om te baklei, hoor ek 'n pyp het gebars en die water behoort oor 'n halfuur weer aan te wees. Sluit my kantoor oop en kyk 'n "Video Loss" pikswart na my. Een van ons kamara's is buite werking. Weer af met die trappe gaan soek die probleem. Intussen probeer ek kleinbasie bel, maar die begin mos eers later werk. Ag en om alles te kroon het ek my Vruggies tuis vergeet. (Gelukkig vir my werk Ousus langs my en hulle het lekker vruggies wat sy vir my sal aan stuur sodra ek dood van die honger is
) Dan trek hier 'n moviese groot "Container" hier in, ek het geen dokumentasie nie, weer bel en soek. Ag wat! So ja opgewen en reg vir 'n bekgeveg begin my week dan.
Gee enigetyd vir my eerder Vrydag die 13de as enige Maandag wat so begin.