Author Topic: Don't judge a book by it's cover...  (Read 8398 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Don't judge a book by it's cover...
« on: January 22, 2012, 04:33:31 PM »
So vul ek my plastieksakkies met vrugte en hou die ou by die skaal dop.
Nog nie juis 'n woord gerep met hom, maar die ogies is net te klein en die haarstyl te kaal geskeer langs die kante. Amper soos die strokies karakter...
So vul ek maar nog en nog in die hoop hy sal iets anders gaan doen en ek die ou wat vars vrugte uitpak kan vra om my te help.
Not te dinges.  Die klomp is besig in hul afdeling en klaar.
Ek hou maar die sakkies na hom uit en gee so 'n veraf smile.
Mmmm, se hy, wat perfume do you wear?
O hel, wou vlugte maar kon nergens heen, sou Ouma gese het.
Ek vertel hom die naam van die perfume.
By? wil hy weet.
Ek vertel.
Very nice. So calming and uplifting at the same time.  My nose knows, se hy en kyk in my oe.
O hel, dog ek en gryp die sakkies weer terug.
I have not weighed your fruit yet, lady.
Staan ek maar net daar verstom en wag vir my vruggies.

Dog ek toe ek by die huis kom, die man het dalk klein ogies en 'n funny hairstyle, maar van perfumes weet hy. 
Let's not judge a book by it's cover.  Jy mag dalk net verras word.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #1 on: January 23, 2012, 02:35:02 AM »
Menige kere al so stel afgetrap  :toothy4: Lekker gegiggel vir jou beeldende beskrywing!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #2 on: January 23, 2012, 08:13:41 AM »
Hê-hê, ek weet nie hoekom hierdie prentjie van "elke donker wolk het 'n silwer randjie" homself hier voor my kom tuismaak nie!  :icon_biggrin:
As parfuum net die regte ding is om die son weer te laat skyn, hoekom nie?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #3 on: January 23, 2012, 08:22:58 AM »
As die skoen effens druk het Outop die gesegde omgedraai: voor elke silwer randjie hang 'n donker wolk!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #4 on: January 23, 2012, 09:11:51 AM »
 :icon_biggrin: 
Of Naas se: Agter elke silwer padgat, lê 'n donker skerpkant.  :icon_biggrin: Die ouemense het mos gesê, ervaring is die beste leermeester.  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #5 on: January 23, 2012, 11:08:46 AM »
ek ken 'n ou wat ook so "by the cover gejats" word.

so is ons eendag by die see en wil gaan dolfyne kyk. die ou is in ontspanne luim, is mos wegbreek tyd, vakansie tyd.
van see weet hy niks, net dat dit lekker op die stand is, mens daar soms mooi girls in bikinis sien en vanaand braai jy heerlik saam met pelle. Hy maak ook geen geheim daarvan dat hy dom is en almal op die boot weet dit toe.
gaan ons uit met die boot, kry geen dolfyne nie.

seg die skipper hy gaan ons op i rif laat snorkel en almal seg jaaaa.

Spring hy ook in met sy duikbril en snorkel en reddingsbaadjie aan sy lyf. vra die ander wat maak jy nou jy moet duik, seg hy hy weet nie of hy kan swem nie, het st 6 laas geswem en hys al amper 55.

die ander mense op die boot skud net hulle kop en lag agteraf. aan die gesels kon ons agterkom geld is nie skaars by die ander mense nie. Hulle is ook in hoër kringe as die gemiddelde mense.

Terug op land drink ons almal saam 'n ietsie en gesels. So vra die ander vir hom wat se werk doen hy.
So seg hy hy werk by die reserwe bank en gee sy visite kaartjie. ek sien die 2 mans kyk so 2 keer na die kaartjie en tydjie later loop hy toe, klaar gekuier. seg die een man vir die ander een, ja "dont djats a book by its cover" die ou het toe dr graad in ekonomie en is hoog op in die reserwe bank, so 4 de linie van bo af.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #6 on: January 23, 2012, 11:33:27 AM »
Ek het seker vanoggend in die "gesegdegat" getrap.   :icon_biggrin:  Hulle seg mos, skoenmaker hou jou by jou leus!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #7 on: January 23, 2012, 11:48:21 AM »
ja wat so maak ons almal ons naam van tyd tot tyd gat en dan is die beste om te lag daaroor en vorentoe te gaan.

is nogal waar ek kom ook agter ondervinding is die beste leer meester, maar soms leer ons nie en maak selfde foute oor en oor.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Don't judge a book by it's cover...
« Reply #8 on: January 23, 2012, 11:54:12 AM »
'n Wyse persoon leer uit 'n ander se foute, 'n dwaas leer uit sy eie foute.  :icon_biggrin:
Ek  moet 'n groot dwaas wees, want ek het ook die vermoeens om dieselfde foute oor en oor te maak.  Meestal is dit die vertroue wat ek in my medemens het, wat my oor en oor in dieselfde gat laat trap.
Om te weet is om te verstaan.