• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

snorre

Started by Lox, January 07, 2012, 01:48:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

snorre en baarde

Dit raak mos weer winter een van die dae en ek begin dink hoe om my snor en baard hierdie winter te dra.

Kom toe af op paar voorbeelde maar vir sommige sal ek 2 jaar of langer moet wag en dan raak die somer te warm en dan skeer ek als af.

Die een sal vashaak wanneer ek in die wingerd rye afstap, sal nie werk nie.



Die een kan werk maar gaan warm wees in die somer en een winter is te kort om dit so te groei.



selfde as die een net hier bo




Ook te warm in somer



Die een sal nie so erg warm wees nie maar sal sukkel om ondertoe te kyk wanneer ek op die oesmasjien sit.



As mens so snor wil dra moet jy met Afrikaners boer.



en vir die een ten minste 'n pilot wees, verkieslik van 'n vliegtuig wat dubbel vlerke het.




Sal sukkel om op my sy te slaap




Sal moet netjies hou heeldag, die wind gaan hom deurmekaar waai.



Die een sal ook nie op die plaas werk nie




Ek dink hierdie een sal werk sal hom probeer



sal net baie tyd nodig hê.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

Loxi as jy jou snor soos enige van daai prentjies groei sal ek spesiaal in my tjorretjie afry om te kom kyk hoe lyk dit in persoon
*The one and only AWESOME-EST


Lox

Hoop jy neem i mooi foto en wys dit op die forum......

ek weet my vrou sal dit in my slaap afknip as ek so maak.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Die snorre is niks, het julle die borshare gesien.  Lyk soos bere! 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Borshare is net sexy aan party mans
*The one and only AWESOME-EST


Naas

Chichi op my ouderdom los ek my hare soggens in die kam en dra my borshare in 'n bolla of twee vlegsels. Hang net af hoe haastig ek soggens is.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Chichi

hahaha ek kan net dink. Dink jy moet maar 'n foto daarvan iewers op sit
*The one and only AWESOME-EST