• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ma - Antjie Krog

Started by Gawelina, May 12, 2013, 08:43:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Gawelina

MA – Antjie Krog

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig
sonder fensie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
'n kaalvoetgedig

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie

PM

Dankie vir die deel Gawie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hierdie pragtige gedig van jou is al naby 500 keer gelees.  Dit is uitmuntend Gawie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Antjie Krog is so 3 jaar my snr en was al die jare n rolmodel.  Het julle gelees wat sy egter onlangs te brake gehad het oor ALLE witmense se skuld oor apartheid en dat ons plig is om vir 'retribution' die toilette in die lokasie behoort te skrop?  Ai, seniliteit is n lelike ding
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Kan jy nou meer? Ek hoop sy volg haar eie siniele voorbeeld. Ek skuld niemand niks nie en hou verby met 'n lied in die hart.