• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

n nuwe rigting in die lewe

Started by Louis, December 27, 2011, 08:35:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

sover ek kan terug onthou was ek morbied en depressief
ek is nou gatvol daarvoor en het besluit om n 180 grade omswaai te maak
van nou af gaan ek depressief en morbied wees

Angelica

Jy depro?
Is jy seker jy weet hoe om dit te wees?
Wat jy nodig het, is koffie en 'n drukkie.
Kom haal jou boek dat ons kan koffie drink.
elle

Naas

Nou praat jy! Daais een goeie gedagte.
Instede van my polse afbyt gaan ek my tande uithaal en hulle af knyp met my gums.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Louis

ja nee wat  - dit sukkel maar om die polse so stukkend te suig

Angelica

#4
Polse afkou sal nie werk vir my nie.
Ek het nie tande om uit te haal nie, maar ek het caps wat morsaf kan breek op die onmoontlikste tye.

So is dit Paasnaweek, Vrydag, le en lees en kou aan 'n neutsjokko.
Kirrrrts byt ek my voorste cap af en versteen toe ek die eislike gat in my mond voel.
Skakel my tandarts, die ou wat vir hom instaan antwoord en se dat hulle net met 'n emergency sal oopmaak.
Nou moet julle weet hoe klink 'n haasbek as jy kwaad is, en benoud, want hoe de hel gaan jy die volgende paar dae deur sonder 'n voortand?
Hy kon my nie vertel wat 'n emergency is en hoekom my haasbek nie 'n emergency is.
Moes maar by 'n 24/7 tandarts inboek en R8000 later loop ek met EEN nuwe cap.

elle

PM

Ha-ha Louis, 180 grade draaie help nie juis vir jou nie.   :icon_biggrin: 
Ek weet nou nie wat jy gaan doen as jy die boek onder oge kry en sien hoeveel foute in ons "ongeproefleesde weergawe" van die boek is nie.  Hoop jou swak hart hou dit.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.