• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My Taal

Started by Naas, April 04, 2011, 01:10:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek sal verdrink in die trots van my taal,
maar as ek dink hoe die vloek dit vervaal.
Verdomp! Verdomp! Kan jy nou meer?
Die vloek maak net my ore seer.
Ek wil hard en luid te hemele skree.
Verdomp of ek my taal vir verderf gee.

Dan kom die kunstenaar en liedjieboer
en onthaar my taal met ingelse sloer.
Hou op! Hou op! Jou tweegat drek.
Praat my taal of hou toe jou bek.
Engels loop soos vrotpap uit jou mond uit.
Hou op met mengeltaal en praat prontuit.

© Naas
Geskryf in die Staccato struktuur


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Dis nou prontuit "lekker lees". Ek is jammer, in geen ander taal kan jy vir iemand se "hou jou bek" en dit klink so "lekker" nie.
:hello2: vir jou Naas.
:angel12:

PM

 :icon_salut: 

Naas,  sodra ek tyd het sal ek hierdie Staccato struktuur kom vassit onder "digformules". 
Ek het Leopatra se "Die F-woord" baie geniet.  Gisteraand het ek en Stof gesels oor Engelse woorde in Afrikaanse digkuns en hy het belowe om 'n vriendin te vra om haar gedig op die forum te kom plaas sodat ons dit kan bespreek. 

Jou gedig is pragtig uiteengesit en voldoen aan al die vereistes.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#3
Pragtige lekker lees voorbeeld Naas! Ek het gou gaan loer, kon sweer ons het iewers die struktuur bespreek in die verlede by ons strukture afdeling. 'n Groot uitdaging aan die ou wat sy/haar hand wil waag aan die voorgeskrewe riglyne vanuit die Engelse weergawe van Jan Turner wat 2 of meer verse van ses reëls elk vereis.

Afrikaanse weergawe van die Staccato Struktuur
« on: June 20, 2011, 12:41:33 AM »

Die rymskema is a,a,b,b,c,c en die interne rym in reël 2 wat rym met 'n woord in reël 1 van elke vers
bied 'n groot uitdaging saam met die lettergreep vereiste van 10, 10, 8, 8, 10, 10.

In die derde reël word daar ook 'n uitroep/uitdrukking/bevel ens. met 'n herhaalde 2 lettergreepwoord of 2 woorde geplaas. Hierdie woord word dan ook in reël 6 as 1ste woord, weer een keer herhaal.

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=369.0