• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dronk Dame en die Vlugkelner..

Started by Angelica, October 30, 2011, 08:23:32 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Heerlike onderwerpe weer vanoggend in die Sondagkoerante - kan jou die hele week besig hou met tob, kommentaar lewer en sommer net lag oor sommige simpel goed wat mense aanvang.
Kyk nou maar na die SA'se pop wat in Engeland skoolhou en op 'n vlug terug van 'n vakansie met die familie hier, so besope raak na 'n half bottel Whiskey, dat sy seks eis van 'n vlugkelner en hom tussen die bene gryp.  Verbeel jou, hierdie oulike meisie, jonk, mooi, slim, groot toekoms wat wag, raak so besope dat sy sulke sotlike goed aanvang.
Moral of the story?
Moenie op 'n vliegtuig dronk word nie.
Moenie dronk word nie.
Moenie Whiskey drink as jy nie weet waar jou perke is nie.
Moenie so baie alkohol verorber nie, dit breek breinselle af en binnekort is jy so dom, jy sal nie vir die klas voor jou kan klasgee nie.
Moenie vlugkelners as 'n potensiele seksmaat sien nie, hy/sy se seksuele orientasie is dalk nie dieselfde as joune nie.
Moenie dink dat as jy hoog tussen die wolke is, letterlik en figuurlik, niemand van jou dwaashede te hore sal kom nie.
Moenie jouself sleg gedra as jy dink dat jou familie nooit daarvan te hore sal kom nie - die wereld mag dalk net.
elle

Lox

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

elle

Naas

Wie vra kry niks. Wie gryp kry 'n handvol.
Ek moet darem se, party kelners is ook maar nie baie bright nie. Wanneer is daai antie se terugvlug?







:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek wil nog sien op watter lugredery jy 'n halwe bottel whiskey bedien word.  Ha-ha. Daai vliegtuig is lank en voor hulle by jou uitkom vir 'n drankie, is jou kos lankal bedien.  Buitendien, daar is nie eers plek in die sitplek om van plan te verander nie, wat nog om iemand agter 'n trollie te "begryp". 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ja by ons het die mense op i tyd weggekom in die hof met die verskoning ek was dronk en en het nie besef wat ek doen nie, tot op  i dag het die landdros besluit van nou af is dronk verswarende omstandighede en nie versagtend nie.

na half bottel whiskey ( op nugter maag) wonder ek of sy nie al uitgepaas het nie. dalk ook verskoning? ek weet nie vra maar net.

Ek dink daar darem lekkerder goed om te drink as whiskey
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

'n Goeie whiskey is darem lekker Lox.  Dit hoef ook nie altyd lekker te smaak om lekker te maak nie nê!  :icon_biggrin:
Die ouens wat weet sê dat ons swakste brandewyn die beste konjak is in vergelyking met die res van die wêreld s'n.
Om te weet is om te verstaan.

Lox

gelukkig is dit 'n kwessie van smaak, ek is nei erg oor sprits goed nie, rooiwyn bly vir my die wenner.

mens leer seker maar die goed drink
as ek dalk miskien per ongeluk brannewyn drink sal ek dit skoon vat met een blokkie ys.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

Hehe ek stem vir die rooiwyn!! ek wil ook rooiwyn he nou... woohoo dit gaan mos lekker samet pynpille?

Shame die arme meiskind, syt seker gedink sy kan dit hanteer en toe voel sy te alleen...
*The one and only AWESOME-EST


Naas

Lees nou were hier oor 'n skouer en raak sommer van voor af depressief. Ek is verdomp al amper sestig en nog nooit deur 'n jong meisie aangerand nie. Partykeer wonder ek wat ek in my vorige lewe verkeerd gedoen het.


:icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Toe ek laas week van Antananarivo terug vlieg ORT toe in Johannesburg, was daar 'n jong man wat nogal in die besigheidsklas gesit het.  Ek het redelik voor gesit en kon sien hoe die botteltjies whisky aangvra was.   
Op 'n stadium kon ek sien die vlugkelner vra vir hom " are you sure sir"?   En toe bring sy nog 'n botteltjie.
Toe die vlug moet regmaak vir land, seat up front, table trays folded back en alles, toe is die jonge man nie meer by sy bewussein nie.  Toe ons die vliegtuig verlaat sit hy vas aan die slaap en kwyl.   
Almal was al in die bus, en toe wag ons.   En ons wag en wag en wag, seker 15 minute, en toe sien ek daar kom die man begeleidend van die trappe af met so 'n stadige stappie met sy kop wat nie lekker reggop wil bly nie en sulke donker oge wat in die leemtes staar.
Die hele bus het lekker gelag!
Kamp is koning!

PM

Die ou sou nie in Dubai daarmee weggekom het nie.  Daar is "droë" dele in Dubai waar drank in jou sisteem teen die wet is.  Jy mag nie eers daardeur ry met drank in jou voertuig nie. 
Om te weet is om te verstaan.