Author Topic: forumiete  (Read 6755 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
forumiete
« on: December 23, 2011, 08:08:55 PM »
ek wil maar net vir al die forumiete sê
die wat iewers heen reis oor die tyd, bestuur tog baie versigtig en kom weer veilig tuis
die wat by die huis bly - haak uit en geniet jou sinneloos
volgende week, volgende maand, volgende jaar hou nuwe dinge in vir ons almal - ons moet nog net uitvind wat dit is
geniet hierdie tyd saam met wie ookal by julle is
wees rustig, wees veilig

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: forumiete
« Reply #1 on: December 23, 2011, 11:03:17 PM »
Ek hoop ook dat almal veilig en vrolik sal wees gedurende die feestyd en mag 2012 wees wat jy al van 2011 in 2010 verwag het.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: forumiete
« Reply #2 on: December 24, 2011, 12:20:46 AM »
Ek bind al die seenwense en mooi dinge as versiering om my sielehals  :love7: Van ons kant af ook net die allermooiste en beste oor hierdie feestyd en nuwe jare wat op ons wag :notworthy: :icon_salut:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: forumiete
« Reply #3 on: December 24, 2011, 06:38:08 AM »
Giggles...
Ek het die ding so bietjie verkeerd gelees - forumeit - toe dog ek Louis praat net van die dames...
Whaaaaa ha ha ha.,.. ja toemaar, die son was nog net amper op.
Dankie vir die wense Lewies.
My wens vir jou is:  Baie vreugde, baie visstokke, baie visvang-tyd, 'n 4x4xfar the best, liefde, ag sommer alles wat jy oor droom.
Vir al my (enigste) forum-vriende:  Tonne liefde en vrede en God se seen.

En vir ons almal wens ek:  NOG 'N BOEK IN 2012.

Ry veilig, wees veilig.

 :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: forumiete
« Reply #4 on: December 24, 2011, 07:42:00 AM »
Dankie Louis, dit beteken baie.  Ek kan nou nie water in my rooiwyn gooi nie, maar ek sal so 'n glasie water tussenin neem.  :icon_biggrin:
Tussen hakies Louis, ek stuur jou werk vir ons drukker om na te kyk vir sy volgende almanak.  Dalk kan julle onderhandel, ek is oortuig daarvan dat hy versot sal wees daarop, nes ek.

Dankie vir almal se mooi wense, ek hoop ook vir julle net alles van die mooiste en die beste en die lekkerste.

Ellé, die volgende boek is 'n realiteit, net soos die een daarna ook is.   :icon_biggrin: 
Daar is twee boeke vir jou by Naas.  Een, soos jy weet, is 'n trougeskenk vir jou seun en Hannes het versoek dat jy dit asseblief namens die Afrikaanseforumlede aan die tweetjies moet gee. Ek is so jammer dat ek dit nie self kon verpak nie.  Ons moes alles inderhaas weer uit die pakkies uithaal en dit herverpak om 'n kompakte pakkie vir die vliegtuig te maak.  Ek het voorgestel ons pak alles in 'n tas met wielietjies, maar Hannes het volstrek geweier!  Hy was te bang dit beskadig.  Dit moes stewig verpak word!

Kom ek vertel.  Toe ons die boeke kry en ek begin dit uitpak om te verpak, plaas ek die boeke "skeef" opmekaar.  Mensig ons, daar kry ek 'n uittrap vir Afrika!  "Nou gaan hierdie boeke nog meer "wobble"!"  Hy het gekloek om hierdie boeke asof elkeen aan hom persoonlik behoort!  :icon_biggrin: 
Met elke "ag nee!" kyk nou wat het hier gebeur, het hy my aangevat en gesê ek is te vol fimies, dit is 'n baie mooi boek en "niemand sal dit eers agterkom nie".
Met 'n skeefgedraaide kop het ek hom verbaas aangekyk.  Toe besef ek, die boek beteken vir hom net soveel soos vir my. 

Wag, ek gaan myself net eers weer knyp om seker te maak ek droom nie.   :icon_biggrin:

Skuus Louis, dat ek jou onderwerp alweer "boek", maar ek gaan nog lank "boek". 
Geniet julle Kersgeskenkies uit elke skrywer se hart geskenk. 'n Boek is die kosbaarste geskenk. 

Ek is so jammer vir die wat 'n rukkie langer moet wag. Raaitjie, ek sal 'n foto plaas, hoop dit help matertjie.  As alles net van my afgehang het, sou julle elkeen 'n boek in die hand gehad het voor Kersfees.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: forumiete
« Reply #5 on: December 25, 2011, 09:13:02 AM »
Die uitsien en afwagting is net so lekker  :love7: Oe ek wil ook myself knyp want ek weet hoe ek almal diekant gaan verpes wat hier aan't huise gaan kom. KYKKYKKYK!!!  :book1: :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: forumiete
« Reply #6 on: December 25, 2011, 11:40:00 AM »
Hulle sê mense praat oor goed waarmee hulle doenig is.  Word ek toe daarvan beskuldig dat ek net heeldag "boek praat".  Net een ding op my brein.   :icon_biggrin: 

Julle deel het werklik  mooi uitgekom, kan ook nie wag om te hoor wat julle van die boek dink nie Raaitjie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.