Author Topic: My Kersdag...  (Read 5834 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
My Kersdag...
« on: December 25, 2011, 06:14:21 PM »
Ek soek rond op die internet na iets of iemand om mee kontak te maak. 
My FB profile, lyk dit my, is so dormant, hulle het besluit om dit te sluit.  Die wat my vriende wou wees het besluit om maar moed op te gee. 
Koerante lewer nie veel op nie.  Dit is tog Kersdag, die joernaliste of rubriekskrywers is seker by hul gesinne en vriende.  Wie wil in elk geval oor die padsterfte statistieke skryf op hierdie dag?
My Gmail inbox bly leeg.
My SMS inbox het slegs twee boodskappies in, een van 'n kollega en een van 'n nommer wat ek nie ken.
Hier op die Forum is lewe.  Vroegoggend 'n paar spoortjies, maar daarna is die veld stil.  Dis net die bleek en stil horison voor my.
TV is 'n medium wat ek nie juis gebruik nie.  As jy nie DSTV het, is ook daardie veld oninteressant. 
Ek kyk wel na die PUK-koor wat Kersliedere sing vanuit 'n kerk wat stil en gewyd wag vir elke nuwe lied opgedra aan ons Jesus.
En ek word gevul met meer as wat ek verwag het van hierdie dag.
En toe my kind skakel om te gesels is die dag voltooi. 
Ek het nie meer verwag.
Die klater rondom Kerstyd laat my koud.  Ek sukkel om dinge te vind wat my kan vul met die ware boodskap van die Geboorte.  Daar is min hiervan vir een wat liewer wil stil wees.
Die horlosie se wysers staan nie vir een sekonde stil en more is nog 'n dag.  Gelukkig weet ons nie wat dit inhou.

elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My Kersdag...
« Reply #1 on: December 25, 2011, 09:36:21 PM »
Is jy more by die huis Engeljie?





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: My Kersdag...
« Reply #2 on: December 26, 2011, 08:45:07 AM »
Ek kan ook nie wag dat sy haar boeke moet kry nie.  Engeltjie, waar is jy?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: My Kersdag...
« Reply #3 on: December 26, 2011, 09:09:45 AM »
Van daardie spoortjies was myne en Raaitjie s'n.  So tussen deur die vleisfrikkadelletjies, visbolletjies en hoenderboudjies maak vir middagete, het ek kom inloer. 
Met ons  meisiekind wat terug is in SA, was dit heerlik om weer, vir die eerste keer in jare, 'n gesinsdag met al ons krosies om een tafel te hê. 
Om te weet is om te verstaan.