Julle is regtig baie oulik. Ek het 'n prentjie op die eerste bladsy in die boek gesit, want ek wou nie 'n wit bladsy hê op die voorblad se agterkant nie. Later toe kry ek 'n skets wat Fransi gedoen het,(skuus Fransi, ek weet nie wat 'n mens dit noem nie) toe is ek so jammer dat ek dit nie eerste ontdek het nie, want ek sou dit eerder daar wou gebruik. Dalk volgende keer nê?
Kan ook nie wag vir die volgende boek nie, hier gaan nou kunsskatte uitspring wat skrik vir niks nie.
Die laaste week het ek my besig gehou met die "verfyning" van ons "logo". Daai boekdraertjies is darem baie vaag. Nou is ek so te sê klaar daarmee, en sodra hier weer 'n slim ou opdaag wat my kan help, vervang ons daardie met die "beter" een.