• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Lang pad Kloof toe.

Started by Naas, June 08, 2012, 09:43:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Dis 'n lang pad Kloof toe.
Ons is op pad om vir Assie en Oupa te gaan kuier.
Die motor se bande suig die wit strepe voor onder die motor in net, om hulle weer ewe vinnig agter uit te spoeg.
Ek en Sussie speel is – issie – is.
Ma is al moeg vir die spulletjie.
"Sie julle twee nou ophou baklei!"
"Ons baklei nie Ma. Ons speel."
"Speel dan iets anders."
'Goed' dink ek.
"Ek sien iets wat met 'n 'P' begin."
"Issie" sê Sussie. Duidelik nog by die verkeerde speletjie. "Ek het nie 'n panty aan nie."
"Dit issie 'n panty nie." Sê ek.
"Sies"  sê Sussie
"Dit issie Sies nie. Sies begin nie met 'n 'P' nie."
"Is"
"Issie"
"Is"
"HOU OP" Gil Ma.
"Waar het jy dit gesien?" Kom Sussie by.
"Hier." Sê ek, en beduie na die rame van die motor se venster.
"Dis 'n ruit. Dit begin nie met 'n 'P' nie."
"Nie die ruit nie, Domkop, Buite die ruit onder 'n bossie. Bene in die lug."
"Sies"  sê Sussie
"Issie sies nie." Sê ek.
"Wat was dit dan wat jy gesien het?" Wil Sussie weet.
"'n Patrys"
"Bene in die lug? Wat maak 'n patrys bene in die lug?"
"Dit was 'n dooie patrys."
"Dooie Patrys begin met 'n 'D', nie ', 'P' nie."
"Issie"
"Is"
"Issie"
"BLY STIL" Gil ma.
"En ek dag jy het 'n paal gesien." sê Pa.
"Kom ons speel iets anders." Stel ma voor. "Kom ons tel motors."
"Ek sien een wat met 'n 'PeePee' begin." Sê ek
"Sies!" sê Sussie
"NAAS" gil Ma.
"Dis 'n Pienk Porche." Sê Pa
"Haai! Hoe't Pa geweet?"
"Want dis Pienk Loerie fees die naweek op Knysna"
"Sies! Magtag!" sê Ma
Die was 'n lang pad kloof toe daai dag.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek weet nie wie van ek of Hannes het die storietjie die meeste geniet nie.  Hy lag nog!
Dankie vir die deel Naas.  Lekker om weer jou humor raak te lees.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek kan maar net smile oor daai Pienk Loerie-fees en die Pienk Porsche... Cadillac?
Maar nog woorde wat met 'n 'P' begin kom by my op toe ek lees oor jou Pienk Loerie-fees. 
Mos my area daardie, die Knysna area.
elle

Naas

Lees weer hier vandag en wonder of kouewit die loeriefees bemasker het.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Of dit nou die fees befonkfaai het of nie, ek het in totale oorgawe geniet  :hello2:

PM

Ek het ook p-woorde begin opsê, maar dit werk nie lekker nie.  Ek kan dit nie herhaal nie en dit is nie lekker om net alleen te speel nie.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.