Ek sien PM se kommentaar op Louis se O Sole Mio waarin sy laat deurkom dat sy 'n alleenkind was.
Ek het net een kind. Baie aandag gekry van Ma, maar min vriende gehad. Wanneer hy wel vriende gemaak het, was dit met net een maatjie wat tot na skool vriende gebly het. Hy het wel ander sibs, stief sibs, maar daar is nie kontak nie. Hulle het nooit saam met ons in die huis gebly nie.
Hy was alleen en 'n alleenkind.
Ek weer was al dogter tussen vyf seuns, erens in die middel. Altyd alleen en 'n alleen kind. Selfs op skool nie vriende gehad nie. Ek is al anti-sosiaal genoem, maar ek kan ook lekker kuier en uitreik na mense. Maar ek laat bitter min mense na aan my toe.
Jy kan alleen wees tussen honderde en jy kan baie sosiaal wees met twee.
Soms wens ek ek kon 'n suster gehad het. Dalk sou ek dan nie so 'anti-sosiaal' gewees het nie.
Wonder hoe dit moet voel.