• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

hoe goed is jy met vertaal?

Started by Louis, December 03, 2011, 07:44:12 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

LEER ENGELS

LES EEN - BEGINNERS
Drie hekse beskou Swatch horlosies. Watter heks beskou watter horlosie?

Vertaal - lyk dit so
Three witches watch three Swatch watches. Which witch
watches which watch?

LES TWEE - GEVORDERD
Drie geslagsomgekeerde hekse beskou drie Swatch horlosies se
skakelaars. Watter geslagsomgekeerde heks beskou watter Swatch
horlosie se skakelaar?

Vertaling
Three switched witches watch three Swatch watch switches. Which
switched witch watches which Swatch watch switch?

LES DRIE - HOOGSTE VLAK
Drie Switserse hekse wat begeer om n geslagsverandering te
ondergaan, wil drie Switserse Swatch horlosiesskakelaars sien. Watter
Switserse heks, wat wens om n geslagsverandering te ondergaan,
beskou watter switserse swatch horlosieskakelaar?

Vertaling
Three Swiss witches, which wish to be switched witchbitches, wish to
watch three Swiss Swatch watch switches. Which Swiss witch which
wishes to be a switched Swiss witch, wishes to watch which Swiss
Swatch watch switch?

MAAK NOU AL DIE KNOPE IN JOU TONG LOS EN PROBEER WEER N KEER

Angelica

Whaaa.... pfffrrrtttt. My tong, (of is dit my brein?) wil dit nie doen nie.
Heerlike stukkie om met jou vriende langs die braai te deel wanneer hulle al 'n brandewyntjie of twee in het.
elle

Naas

 :sign10: Wha ha ha ha. Nie as jy self 'n pramfientjie in hettie... Ha ha ha.
seelrekkel uon saw tiD.




:icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Naas, wat's met die geheime kodes? Giggles.
Stem, was lekker lees vanoggend.
elle

PM

Shuut, moenie die Swiss witchbitches steur nie, hulle sal jou tong knoop!
Dankie vir die deel Louis, dit was vet pret.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Vra maar vir PM. As my grysmassa die oggend geklits raak praat ek in trurat. (En dit het geen konneksie met boontjiesop nie hoor.)



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ja, dit is 'n fees as Naas hier kuier.  Wens net ek kon die hele klompie van julle hier bymekaar kry.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hemeltjie, dis Desember en ons het nie 'n braainaweek by Paternoster aan die gang nie.
Ek mis dit.
Eendag sien ons mekaar dalk (weer).
elle

adele

Lekker tongknoper. Van daardie goed wat net in een taal gebruik kan word, in hierdie geval Engels. Ons sê so maklik iets kan net in Afrikaans wees...
adéle  :grommit: