Naas, ek dink al geruime tyd daaraan. "n Mens kan net jou houers by restaurante en kroegies gaan opstel en jy sal duisende blikke en bottels bymekaar kry. In Valhalla is daar 'n kerk wat geel plastieksakke uitdeel aan elke huiseienaar. Een keer per week kom haal hulle al die ou koerante en afval papier, soos melkhouertjies en kartonnetjies. Hulle onderhou die hele jonglede daarmee.
Hierin lê 'n klein, of is dit 'n groot, fortuin.
Ek sal met die grootste liefde al my afval sorteer en dit in verskillende houers gaan "dump".
Dan sien ons ook, wanneer ons gaan tuinafval aflaai, hoeveel mense is daar wat die verskillende items in sakke bymekaarmaak. Hulle het 'n groot probleem om daardie items by die handelaars uit te kry. As 'n mens 'n vervoermiddel tot hul beskikking kan stel, is dit 'n suksesstorie.