• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe eensaam wil jy wees?

Started by PM, November 20, 2011, 08:36:39 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

My liewe maatjie van 30 jaar se man is 5jaar gelede dood.  Eers was sy baie kwaad vir hom, toe het sy getreur, toe was sy bly dat sy "ongebonde" is.  Nou het sy 'n ander man ontmoet en hy het haar gevra om te trou.  Sy het al haar spaargeld gebruik vir die troue.  Sy het selfs betaal vir die "heuningmaan".  Nou het hy 'n ander "liefde" gevind en sy sit op moedverloor se vlakte, diep in die skuld. 
Wat is dit met vrouens?  Of is dit die eensaamheid? 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Wat de hel is dit met mans dat hulle nie getrou kan bly aan een vrou nie?
Wat de hel is dit met vrouens dat hulle nie getrou kan bly aan een man nie?
Kan ons vra. En ja, wat is dit met ons vrouens dat ons nie dwarsdeur sulke lae lakke kan sien nie?
elle

PM

Wonder ek dikwels of dit nie iets te doen het met "tyd" nie.  (Beslis met tyd gepla  :icon_biggrin: )
Toe ons nog kinders was moes jy minstens 'n jaar verloof wees voordat jy kon trou.  Dit was nie 'n vereiste nie, maar wenslik.)  Julle het nie verloof geraak binne die eerste jaar nie.  Mense het mekaar leer ken, dink ek. (Dit is naturlik geen waarborg dat die troue sou hou nie.)
Vandag dink die jonges dit is onnodig om te trou en die ouer mense is bang dat dit dalk hul laaste kans is.  (Tong innie kies)
Erenstig nou.  Alleen is die mens gebore, maar nie gebou om alleen deur die lewe te gaan nie.  Dan kom mans en gee voor hul kan die kameraadskap en die sekuriteit bied en dikwels is dit 'n klug.  Vroumensie is so deur Cupido verblind, sy sien niks anders raak nie.  Nagmerrie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Kyk, enige twee mense kan aangetrokke voel, maar hou kop en wriemel jou daaruit.
Gelukkig leer ons met tyd dat die lewe nie ophou as jy nie 'n boyfriend of girlfriend het nie.
En elkeen is vir sy eie geluk verantwoordelik.
Jy het nie 'n man, of vrou, for that matter, nodig om gelukkig te wees nie.
Maar samesyn is nice.  Dan nie?
elle

PM

Baie "nice" Ellé.  Ek wil nooit nie, maar nooit nie alleen wees nie.  Sal maar vir my 'n klerepop koop, dit mooi aantrek en hier in die leunstoel sit.  Ten minste sal hy nie teëpraat nie.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nee jong ek is seker te hardgebak, maar my vraag is wat de hel is fout met die prentjie dat die vrou alles betaal??? Nee o hel, kyk ek glo nie ek sal weer iemand na my se beste helfde kan he nie, daarvoor is ek te hardekwas, maar as dit nou so sou gebeur is daar nie 'n manier dat ek vir alles betaal nie, nie al is hy die laaste mans mens nie. Heeltemaal te lief vir my eie geselskap.  :`ip2:
:angel12: