Gelukkig het jy nie PM. Ek sien heeldag die negatiewe nagevolge van Afrikaanse kinders in Engelse klasse.
Ek stem saam met moedertaal onderrig. Wil net vra? "Wie bepaal die inrigting waar die leerder/student ingeskryf word?"
Om 'n Afrikaanse leerder by 'n Engelse skool in te skryf is presies dieselfde as om 'n swart leerder by 'n synagogue in te skryf en daarop aan te dring dat hy as christen dominee opgelei moet word.
Gebruik ek nou my eie skool as voorbeeld. Ouers het die reg om hul kinders by enige skool van hul keuse in te skryf. Nou besluit 'n khoza ouer om sy kind by 'n engels/afrikaans skool in te skryf.
Die leerder verstaan nie eers Engels behoorlik nie en glad nie Afrikaans nie. Nou moet hy Engels eerste taal neem en hy moet Afrikaans tweede taal neem. Die leerder is 'n druipeling wat 'n eksamen soek om te gebeur.
Tersiere instansies is presies dieselfde. Ek skryf my kind by 'n Afrikaanse universiteit in en dan dring ek daarop aan dat hy in Tswana opleiding kry. 'n Toi Toi wat 'n plek gekry het om te gebeur.
As ek wil he my kind moet in sy taal onderrig ontvang, moet ek hom dienooreenkomstig inskryf en nie agterna die instansie die skuld gee nie.
