• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

visvang

Started by Lox, November 21, 2011, 07:18:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Vier vriende vang vis by die Rietvleidam. "Julle manne sal nie glo wat moes deurmaak om toestemming te kry om te kom visvang nie," kla die eerste. "Ek moes die vrou belowe dat ek volgende naweek elke kamer in die huis gaan uitverf."

"Dis nog niks," kla die tweede. "Ek moes my vrou beloof dat ek by die huis 'n jacuzzi gaan laat insit."

"Julle het lig daarvan afgekom," sê die derde visserman. "Voor ek kon kom visvang moes ek eers belowe om die hele kombuis te laat herdoen met my Kersfeesbonus."

Vir 'n paar minute sit die vier in stilte en visvang, tot hulle besef dat die vierde niks gesê het nie.

"En jy, het jy nie probleme gehad om weg te kom nie?"

"Glad nie." Sê die ou. "Ek het my wekker gestel vir half-vyf, en toe dit afgaan rol ek om en vra: visvang of seks? Toe sê sy ek moenie my sonbrandroom vergeet nie."


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Daar is nie pille vir onnosel vissermanne nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

dis die dat ek nooit kan gaan visvang nie....
vir my word geseg bly in die bed.......
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Is dit wat 'n mens nou kreefduik noem?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ek bly liewer stil, die een is so lekker soos die ander.......
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.