• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

…of sal die haat my insluk?

Started by Trapsoetjie, November 29, 2011, 01:23:58 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Aardig gevoel wat deur my spoel.
Benoude klop houe.
Chaos wat deur my are woel.
Desnieteenstaande, my
eerbare mens wees,
fabelagtige voorbehou,
gegrond op vorige
hanteering van
ingeskrywe denke.
Jare lange toewyding,
klassifiseer ek myself as
liefhebbend.
Min wettende dat dit tot 'n skok,
nietig verklaar sou word.
Oënskynlik 'n klug was.
Pleks van geskok wees,
redeneer ek soos 'n buffel.
Sou ek vergoed vir hom
totsien roep?
Uiting aan my selfsug
verdoem ek myself.
Weersin in hom
X-verban was toe nie my voorland nie.
Ywerig het ek aan die hoop vas geklou,
Zoem zoem, sal ek ooit weer ek wees?

                                      ...of sal die haat my insluk?

© :angel12:
       

Naas

Mooi alfabet gedig die Trappies. Het dit geniet.
Dis een gedig wat ek nog nie aangepak het nie. Jy sien, ek ken nie my ADC so goed nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

elle

Trapsoetjie

Baie dankie julle, ek hou baie van die ABC styl. Dit gee my amper 'n gevoel van veiligheid. (as dit sin maak  :icon_biggrin:)
:angel12:

Fransi

Baie kreatief en intens geskryf en ja, orde of struktuur kan 'n mens veilig laat voel, want jy weet wat van jou verwag word of wat om te verwag. :-)

PM

Pragtig Trappies.  Dit wil gedoen word!  Die hele ABC spreek van emosies wat wil weghol. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Baie dankie dat julle kom loer het. Ek waardeer dit baie.
:angel12: