Die vulletjie wil net aan als byt, wanneer ek naby aan die draad staan wil hy die kamera se band ook byt.
Ek het Dinsdag weer in die dam gaan werk en toe weer paar fotos van die zebra probeer neem.
Toe ek aangery kom sien ek hy is in die kamp langsaan en wei saam met 'n donkie en 'n ponie. Die donkie en ponie hou aan met wei toe ek stilhou maar zebra kom dadelik na die pad aangestap.
Die keer het hy 'n halter aan gehad.
en stil staan se voet
Op die foto hier bo is die berge in die agtergrond net so agter ons se plek.
sukkel om hom mooi af te neem
As jy mooi kyk kan jy sien die hare by die kop en nek is swart en die hare op die lyf bruin. Ek wonder of dit nie te doen het met sy jonkgeit en dat die bruin hare nog moet uitval en vervang word met swart hare soos op die kop nie.
Hier is hoe sy jas van naby lyk. die wit hare dunner en bruin hare dikker en wolleriger.