• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Briefie op die inligtingsbord.

Started by PM, October 31, 2011, 01:37:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hartlik welkom tuis Raaitjie.  Kom vertel, wat is prinsessie se naam, wanneer het sy die lig gesien en en en  ons wil alles weet.

My e-pos wil nie epos stuur nie.  Hoop die saak is gou gered.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Baie dankie mater! Die eerste klein Lockprinsessie heet Madison Shelby Lock. Was net so oor die agt outydse ponde, en het sestien minute oor twee die Vrydagmiddag haar eerste fyn skreeutjie gegee terwyl oupa en ouma oppad was om na Kleinman te gaan omsien.  Hy is gaande oor sy sussatjie maar wou eerste drie dae niks met moederlief te doen he. My hart was stukkend vir haar part. Outoppie en ekke het weer geleer om 'n tweejarige se vloermoertjies gade te slaan en gewens daar was onsigbare oorpluisies :toothy4:


PM

Ag sy is pragtig!   :love7: Baie geluk Ouma en Oupa!  Ons glo sy gaan vir julle baie vreugde en geluk bring.   :love7:
Dit is 'n gewigtige prinsessie.  Sy is seker lank.  Groter babas is mos sterker en sterker babas is mos groter.   :hello2:
Seg tog ook 'n groot geluk aan Mamma en Pappa.  Nou begin die "pajama-parade". 

Bly om te hoor "Vloermoertjie" is weer 'n prinsie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Chichi

*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

Sy is pragtig ne  :love7: Sy lyk klein teen die prinsie wat die skaal oor die tienpond getrek het  :toothy4: Dankie vir al die gelukwense  :notworthy: