• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Onherkenbaar lelik....

Started by Angelica, October 13, 2011, 06:17:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Onherkenbaar Lelik...

My laptop kom by die punt in sy lewe waar hy nou genoeg gehad het.  Die prentjies op die skerm word vaal met sulke strepe.  Ek sal dit moet vervang.  My seun moet saam vir die koop van 'n nuwe en oppad winkel toe besluit ek op 'n desktop.  Een met 'n skerm wat groot genoeg is om te kan sien.  In hierdie stadium van die geveg met te veel lewensjare wat te vinnig aanplak het jy al die hulp nodig wat jy kàn kry.
Die goed is mooi.  Die goed is duur.  Hulle kyk vir my van die rakke af en ek wonder of ek nie maar sonder die stuk tegnologie moet klaarkom nie.  Maar wat dan?  Ek sal mos krepeer sonder my daaglikse online tydjie.  Ek druk met my linkerhand op my hart om hom te keer om uit te spring en met die regter hand gee ek 'n vingerteken na die Dell.  Ek like die groot screen. Die letters en prentjies sal groot genoeg wees vir beter te kan sien.
So kry ons die sakies gedoen en my tissue'tjie in my linker vuis is voos van sweet afvee, maar ek druk deur met die proses.  Die geld is bàie.  Maar die koop is deur en daar gaan ons.
Nou moet ek net die ding opgestel en bemeester kry.  By die huis pak JP uit en sit aanmekaar en die dinge word afgehandel en sie daar!!  Grand swart stuk tegnologie staangemaak op die geelhout tafel.  Lyk tog te deftig.  Touch screen en Face Recognition en daai dinge.  Te smart.  Ek moet 'n paar keer voor die kamera'tjie verskyn voor die ding my gesig herken.  Jy het nie nodig om in te teken nie, maar sommer net voor die kamera verskyn en die ding bêre jou gesiggie in sy geheue en Bob is your uncle.  Ek's nogal baie in my noppies met die slim stuk op my tafel.  
Saterdagaand braai ons 'n vleisie en haal 'n paar wyne se hoedjies af en ons bespreek die Bokke se wedstryd die volgende oggend.   Ek gaan laat huistoe en val in die bed.
Sondagoggend val ek weer uit die bed om die koerant online te lees voor die groot wedstryd.  So kom skakel ek die nuwe stukkie solank aan so saam met die ketel se kook vir koffie om die ergste sleg uit my lyf te kry.
Nou, daar is so 'n groen venstertjie bo aan die screen waar jy jou gevreetjie moet laat kyk.  Amper soos 'n spieël.  Dan kyk die mannetjie in die kamera'tjie jou sò en dan skuif hy die prentjie weer sò tot jy nou in fokus is en die outjie jou herken en dan sê hy fine, jy is jy en ons kan maar voortgaan.  So check die outjie my vir 'n tydjie en ek besef die mannetjie herken my nie vemore nie.  Nee, sê die mannetjie vir my, your face could not be recognised.   Nou hoe dan?  Ek is nog steeds ek.  Maar toe ek in die regte spieël kyk sien ek die rede vir die unrecognisable  weergawe.  Moes maar eers gesig was en hare borsel voor die bleddie mannetjie my herken het... en toe verloor die Bokke ook nog.    
Onherkenbaar Lelik...
elle

Y

Ja, party oggende werk dit so met my twee honde ook.

Ek het hulle darem nou al geleer om my op my stem te herken en nie net te gaan volgens wat hulle sien nie.


Angelica

Giggles... vir die honne wat darem nog jou stem herken al is die skor.
Was nogal 'n skok.  Amper soos 'n Loerbroer.
Gelukkig sien die ding nie wat verder gebeur nie.
Mooi bly
elle

PM

Heerlik gelees en lekker gelag. Ek hou baie van jou skryftrant en geniet jou vertellings.  As daai mannetjie op jou sprankelende persoonlikheid kon fokus, sou hy nooit dieselfde fout begaan het nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie PM.  Ek's bly jy geniet dit.
elle

adele

ken nie van daai stuk tegnologie nie, maar het geniet, jy vertel so lekker.    :love7:   daardie venstertjie sal mos sorg dat mens altyd op jou hoede is soos ou mevr ds vir daardie vroegoggend-besoekers uit die gemeente.

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

Hi Adele. Dankie vir lees en briefie los. 
elle

PM

Jy praat Elle, ek sien die stuk is al 27 keer gelees en net twee "briefies gelos".   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Louis

ek kan maar net hardop lag hiervoor. dit is goed gestel en damn goed geskryf
plak n stuk maskeerband oor die simpel ding as hy jou weer rondneuk

Angelica

Giggles... Louis, ek het die ding nodig om my te identifiseer.
En ja, daar is 'n opsie om met 'n password in te teken.  Gelukkig, want more is alweer Sondag en dan klim ek maar lelik uit die bed.
(Ek het weer gaan kuier en 'n stuk steak en 'n glasie of twee in).
Dankie vir jou tyd.
elle

Meraai vannie Baai

2011 - Ek wys vanaand vir Outop jou plasing oor die FM dinge PM en besef hoeveel jare is die forum al aan die gang. Telke male op plasings afgekom waar die moedeloosheid om dit kunsmatig aan die lewe te hou, amper ons kniege gebuig het. Kyk nou, 2021 en hier is ons nog!

Assie

#11
Tien jaar. En ek slaan al amper 40 sonder 'n ridder.
Ek oorweeg al een van julle dieete anders gaan Oupa vir my 'n sterker rak moet opsit.

:mumum:

PM

Daar is niks soos ou plasings wat my hart lekker warm laat klop nie. 
Ek het weer saam gelees en geniet. 


Om te weet is om te verstaan.