Klipwerf- en Baardskeerdersbos orkeste speel hierdie liedjie uit die ou dae (ook op 78 plaat vasgele) maar ek dink die woorde is vergete.
Op 'n verafgelee plasie
Waar die rose weeldrig groei
Staan 'n minnaar en sy meisie lief en teer.
Hy moet haar nou laat staan
om na die slagveld heen te gaan.
Min weet sy dat sy sien hom nimmer weer.
Hy soen haar sagrooi lippies,
en soen haar nog een keer.
met die hoop hy sien
sy liefling eendag weer.
Hy laat trane saggies wegvloei
fluister hy plegtig aan haar,
Ek is met jou
waar die roosboom weer sal bloei.
As die roosboom weer bloei
daar in haar tuintjie,
en die voëltjies sing
hul vrolik morelied
dan sal sy daar heengaan
en in haar oë skyn 'n traan
met 'n hartjie vol verlange en verdriet
In die hemelse gebed
word daar 'n kreis geroep gehoor
van 'n burger met koël deur die bors
Na die tyd dat ek moet gaan
en my liefling nou laat staan
Kom was die bloed verlaas
hier van my bors.