• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uil op die Dak..

Started by Angelica, May 08, 2011, 07:02:44 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 4 Guests are viewing this topic.

Angelica


ek sien jou wegstap
velskoen en hoed
die ronding van jou kop
kuite gespierd
- ek ken dit so goed -  
ek sien jou wegstap    asof deur 'n sluier
die magneet in jou rug trek my
geskeurde hart teen jou aan
vergeefs roep ek na jou

ek ruik jou hemp   ek proe jou mond
ek hoor jou stem
dit slaan vas teen my bors

vergeefs roep ek na jou

snags
verander jou naam na fluister wanneer
ek alleen op jou wag
  dit knibbel aan my oor
jou spook dans ritmies teen my mure
in die flikker-flakker van die kers
jou vinger rus sag teen
die nat raamwerk van my mond
my borste wag op jou
jy voer my met wilde vrugte
tot ek oorversadig terugval
op 'n traannat kussing...
hoor jy my?

vergeefs roep ek na jou
en ek voel
die uil op die dak

++++

Uil op die dak :  Ou mense het geglo dat wanneer 'n uil op jou dak of naby jou huis sit, iets of iemand gaan sterf.
In die geval van my gedig 'Uil op die Dak' is dit die liefde wat sterf. Vandaar 'ek voel die uil op die dak' - ek voel die liefde sterf.
Groete.
elle

PM

Dit is mooi geskryf Angelica.  Vol emosie en goed oorgedra.  Ek sien 'n prentjie met 'n ou houthuisie in die bos met die uil op die dak.  Jy voel hom en ek hoor hom.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Pragstuk... weereens.
Is dit die uil wat die dooie kom roep?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Baie mooi geskryf...ek hou van hoe die woorde in mekaar vloei en ek amper nie vinnig genoeg kan lees om te sien wat gebeur.

:angel12:

adele

een van jou bestes vol emosie

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

Dankie, dankie vir julle kommentaar. My hart jubel as ek die mooi goed lees wat julle vir my se.   :angel8:
elle

PM

Sodra jy net weet dat dit alles uit ons hart uit kom is die Kaap Hollangs!
Om te weet is om te verstaan.