• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Mej SA - toe en nou..

Started by Angelica, October 30, 2011, 08:33:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Lees ek vanoggend oor die soeke na die nuwe Mej SA en die onderhoude wat met die hoopvolles gevoer word.
Liewe hemel, hoe dink die meisies deesdae? 
As jy nie weet dat Kaapstad 'n stad en NIE 'n provinsie is nie, hoe de dinges gaan jy die antwoorde verskaf op die vrae wat die beoordelaars by die Mej Wereld kompetisie vir jou gaan vra?  En 'n aap die nasionale dier ????
Is dit so belangrik dat jy 'n mooi lyf moet he en nie nodig vir iets tussen die ore nie?
Gelukkig word hulle gekeur.  En om die mooiste en slimste te soek tussen die mooi en dommes, is 'n helse taak. 
Jammer, maar die Mej SA's wat 'n hele klompie jare terug ge-seevier het, het nie net pragtige lywe gehad nie, hulle is ook baie baie deeglik voorberei en het 'n algemene kennis gehad wat skrik vir niks.  Ek kan nog die klomp onthou, maar deesdae kom en gaan hulle sonder dat hulle die koerante haal. 
Soos die koerant vanoggend se:  Hulle kan jou vertel waar die beste uithangplek in Sandton is, maar hulle weet nie dat Johannesburg 'n stad is en nie 'n provinsie.
elle

Naas

Jaaah Angelica, so gaan dit in hierdie wereld. Hoe dink jy moet dit nie in die Kaap gaan wat groter as die wereld is nie?




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Lox

wart jy dit raak gelees.

ek lees nie meer koerant nie klink my ek mis 'n paar lag stories?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Lox

ek het dit toe raak gelees en skud maar net my kop
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Hulle sê mos, as jy die lyf het het jy alles.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.