Klop klop! Moenie skiet nie hoor .... is net ekke. Terug na 'n 'vals alarm' vir eers met 'n vraggie fotos in ons familie album en natuurlik hope pret met die program terwyl ons nie internet beskikbaar gehad het nie. Wil gou vir julle wys hoe 'n mens nagfotos kan omtower in 'impressionistiese foto kuns'
Outop het bietjie met sy kamera gespeel terwyl hy nagfotos geneem het. Toe speel ek met die 'geflopte fotos' op die program voor hy dit kon uitvee LOL. Het by Filter 'Pictorialization' gekies en toe vanuit die menu 'Impressionistic' gebruik. Na ek tevrede was met die nuwe beeld - dit gesave, en toe weer oopgemaak. Daarna het ek by 'Distort' die 'fisheye funksie' gebruik. Speel maar met al opsies daar. GROOT PRET!
Die 1ste foto wat ek gebruik het van Outop:
Program ingespan en nou lyk dit so: