• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ek hoop dit reën

Started by Louis, June 19, 2011, 04:45:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

ek hoop dit reën

ek wil plons-voet stap
in die stortreën van jou liefde
wyl druppels met luide plof
op uitgestrekte hande val
opgesuig deur n hart van spons
en les die dors van my dorre siel

ek sien die lewe met nuwe oë
en luister met kinder oor
wyl die gletser van my gisters
se ysige waters nou vrylik vloei

soms voel ek tog teneurgedruk
as ek dink aan wat verlore is
en die kosbare tyd wat verbysnel wyl ek slaap
maar dit word alles weggespoel
deur die liefde van die hede
en die beloftes van more

ek hoop dit reën

Angelica

'Plonsvoet in die stortreen van jou liefde'... pragtig beskrywend. Hoop dat dit nooit nie sal ophou reen vir jou.
elle

PM

Wow!  Ek dink hierdie opskrif "woordwerke" moet in "woordwonders" verander!   Dankie Louis,  dit is altyd die moeite werd om jou werk te lees.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

Louis

Ek het hierdie baie geniet - goed verwoord.

Gawelina