Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: adele on September 16, 2011, 08:43:10 PM
-
in gesprek het die volgende van iemand na aan my gekom, daar is deesdae enkele sulke mense met die nuwe posbenaming en hulle laat mense so voel :violent1:
hy is 'n korrupteër en sy is 'n korruptrise
:grommit:
-
Dit is SO beskrywend! Lief dit matertjie. :book1: :notworthy:
-
Lekker om jou hier raak te lees Adéle. :hello:
-
Nogal gepas, daardie name.
Ek kan aan nog vele name dink wat 'korrup' beskryf, maar die spasie is effens beperk.
Ja, lekker om jou terug te sien.
Waar IS almal? Kyk seker rugby in NZee.
-
En vandag word die korrupteërs en korruptrises gedaag om voor allerhande kommissies van ondersoeke te verskyn ... Zondo- en Mpathi-kommissies ens ... enigiets om hofsake te vermy, want niks gaan hof toe nie en niemand is bang dat hul daar gevonnis sal word nie ...
-
Mens wonder soms, net soms, of die spul nie maar net almal kop in een mus is nie? :bootyshake:
-
Ek sal dit ook glo, nie verbaas wees nie, sowat van 'inmekaarskakelarye' het mens nog min gesien. Kry ons vandag 'n stuk dat Zuma sou gesê het hy vat almal saam as hy ondergaan ... ja, al dink ek daardie spesifieke stukkie is dalk vervals, weet hy verseker baie te veel van die meeste van sy regeringsvriende en vyande.
-
Is dit nou 'n kwessie van die pot kan die ketel nie verwyt nie? :icon_biggrin: