Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on July 28, 2011, 01:49:51 PM

Title: Liefdesspel
Post by: PM on July 28, 2011, 01:49:51 PM
Liefdesspel

Jy is die wind.

Ek  is die blaar
wat jy ligtelik
argeloos, speels
en geswind
voor jou laat dartel
swiep
en sweef.

In jou asem se hygende krag
laat jy my soms styg
soms daal
totdat ek val en sidder
        ontredderd
voor die windstilte beef
‘n plant aan sy stingel
          geknak
maar tog voort  bly leef.

Kyk hoe ritselend,
speels van die pret
maak jy ‘n warrelwind
van die los blarenet
en  let nie op mý
wat jy bewustelik wreed
eenkant laat bly lê het nie,
want met my kan jy speel
en my ligweg vergeet
soos ‘n kind in sy spel
vêr weg van wéét.

Ek lê eenkant
en wag vir jou lag.

As jy dalk vlugtig,
tersluiks,
na my kyk,
dan glinster my oë
en ek ontluik
soos eenmaal
toe jy my laat dartel
en draai het,
lustig getol
en vreugdevol
geswaai het.

Jy  wend jou na my
en ek weet
dat jy ons ou-oue spel
nooit nie sal vergeet.
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Meraai vannie Baai on July 28, 2011, 11:08:43 PM
Lief jou spel met tipografiese wit hier  :bootyshake: en die ou-oue spel het my hart gesteel  :love7:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Gawelina on July 28, 2011, 11:25:09 PM
Pragtig!
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Meraai vannie Baai on July 29, 2011, 02:09:12 AM
007 het weer hier kom draai en hierdie pronkstuk ook by ons slypsteen-voorbeeld vir die gebruik van tipografiese wit gaan uitstal mater  :love7: :notworthy: Kom steel maar terug as jy ander planne vir hierdie woordskat gehad het  :crybaby2:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: PM on July 29, 2011, 04:15:24 AM
Ek gee nie om as van my werk ook by die gedigstrukture inpas nie,  dit is eintlik 'n groot kompliment, dankie Raaitjie.

Dankie Gawie.
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Meraai vannie Baai on July 29, 2011, 04:31:08 AM
 :bootyshake: :icon_cheers: :notworthy:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Fransi on July 29, 2011, 10:36:25 AM
 :hello:

Pragtig!
Title: Re: Liefdesspel
Post by: PM on July 29, 2011, 10:58:33 AM
Dankie Fransi.   :love7:

Ek het so pas van my kunswerk terug gekry, dit is so mooi...  dit is so mooi...  dit is sooooooo moooooooi!   :hello2:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Meraai vannie Baai on July 29, 2011, 11:15:11 AM
Nou weer kom kyk na die ene en dit is nog steeds vir my die mooiste voorbeeld  :bootyshake: :notworthy: Wens ek kon vlieg,  :angel8: sodat ek oor jou skouer kon loer na daardie voorbeelde wat jy reeds ontvang het!
Title: Re: Liefdesspel
Post by: PM on July 29, 2011, 12:06:48 PM
Ag toe!    :sign10:  Ek sal dit vir jou stuur,  net omdat jy so hard werk!   :love7:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Marion on November 18, 2011, 10:34:51 PM
Prachtig geschreven, ik zie het voor mijn ogen gebeuren!
Title: Re: Liefdesspel
Post by: PM on November 19, 2011, 06:46:18 AM
Dankie vir die kommentaar Marion, ek waardeer dit.   :hello:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 11:58:59 AM
 :evil5:  ek sien 007 lewe nog .... yeah!   :wav:  ek weet nie wat daardie groot woorde is wat jy se PM se prag gedig 'n mooi voorbeeld is nie - maar ek glo ek gaan binnekort weet as ek by daardie hoekie uitkom   :angel12:

PM - dis werklik pragtig .. ek kan sien hoe die wind (liefde) soms genadeloos kan wees, maar meestal speels verkeer ;-)

Title: Re: Liefdesspel
Post by: PM on February 20, 2012, 07:44:47 AM
Dankie Wils.  Tipografiese wit is daardie spasies waarna jy verneem het.  Raaitjie sal gou vir jou 'n les kom gee.  :love7:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Ah Willa on February 20, 2012, 09:09:53 AM
Nog net 'n dag op die forum en ek leer al klaar - my einstein scrambled breins  :icon_cheers: van lekker kry
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2012, 12:20:18 PM
Toe ek lees wat Willa laat kopkrap het ek gou gaan loer waar is ons bydrae oor hierdie woordbeiteltjie en sien toe eers raak dat jy gevra het ek moet deurgaan en weer plaas PM, so gevra - voort gedoet (al was die arig laat  :icon_bigsmurf:) Willa ek hoop dat met die voorbeelde en verduideliking jy sommer gou sal sien hoe handige skryftegniek hierdie spasies is  :toothy4:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Ah Willa on February 20, 2012, 01:34:09 PM
Dankie Meraaitjie .. ek gaan daar by hoekie gaan draai en kyk hoe werk die spasies  :angel8:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: PM on March 05, 2012, 07:20:05 AM
Dankie Raaitjie, jy is my ou staatmaker.   :love7:
Title: Re: Liefdesspel
Post by: PM on July 30, 2018, 11:12:01 AM
Goeiste, dit voel soos in 'n vorige lewe!  Ek kan nie glo dat die tyd so gou verbyvlieg nie. 
Title: Re: Liefdesspel
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 03:52:24 AM
Jy was 'n slagoffer van die woorddief:  :notworthy: :love7: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4297.msg29102#msg29102