Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Die Woordkroeg => Topic started by: Assie on November 15, 2021, 08:15:57 AM

Title: Transliterasie
Post by: Assie on November 15, 2021, 08:15:57 AM
Die volgende op fb raakgeloop. Die woord "transliterasie" het my amper van my ontbyt en gistraand se biefstuk beroof.
Transliterasie is nie dieselfde as vertaling nie. Vertaling is om woorde van een taal na 'n ander om te skakel. Transliterasie is om woorde van een alfabet na'n ander om te skakel.

Byvoorbeeld, die transliterasie van "日本" na die Romeinse alfabet is "Nippon" maar die vertaling daarvan is "Japan". Of die transliterasie van "Россия" is "Rossiya" maar die vertaling daarvan is "Rusland".

Nou verstaan ek waar die woord vandaan kom maar dis nog steeds 'n bekotsingswaardige woord? Wat van lettervervanging of letteromskakeling. Of eerder lettervertaling. Ten minste sal eenvoudige plaasmeisies soos ek dan ook verstaan wat aangaan.
Verdomp. Ek translitereer myself sommer in 'n onheilige sekte in.

 :mumum:
Title: Re: Transliterasie
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2021, 09:26:09 AM
Transliterasie Resitasie

Die Romeine noem "日本" "Nippon"
maar eintlik moet dit Japan wees
en net so is "Россия" glo "Rossiya"
maar eintlik moet dit Rusland wees
want hier speel ons in die sandput
en skommel die woorde
van een alfabet
na 'n ander.
Sela.

Title: Re: Transliterasie
Post by: PM on November 15, 2021, 02:22:08 PM
Julle twee is te oulik.  Ek lief vir julle.   :love7:
Title: Re: Transliterasie
Post by: Antjie Patat on November 16, 2021, 08:08:44 PM
"Nou verstaan ek waar die woord vandaan kom maar dis nog steeds 'n bekotsingswaardige woord? "   :sign10:

Nee, julle maak my maand...

My broerskind word groot by my. Toe laaitie so 5jaar is, vra ek hom eendag watter kleur n ballon is...
"kotsgeel" sonder om te blik of te bloos, binne sekonde en gaan ook aan met sy dinge..niks snaaks vir hom nie, en my bril gaat staat op sy eie skeef of my gesig van skok...