Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Kom ons help mekaar => Topic started by: PM on November 12, 2021, 06:25:14 AM

Title: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 06:25:14 AM
Ek haak vas metdie term wat op forums gebruik word.
Wat is "boards".
Ek glo nie 'n "host" is 'n gasheer nie, of is hy?


Help tog asseblief. 
Title: Re: Forumterm
Post by: Naas on November 12, 2021, 06:56:20 AM

Die term board vertel my dis 'n versameling onderwerpe en /of eenderse gedagtes.
Ek sou sê in mooi Afrikaans is dit' n gedagtekardoes. Maar weereens gaan dit te lank wees en die jappies sal by die korter boards bly.
Die vermenging van taal gaan alryd by ons wees omdat party tale se woorde net soveel sê dat jy die begrip nie sinvol in 'n ander taal kan sê of vervang met een woord nie. En as die vreemde taalwoord nog lekker van die tong rol gaan dit nie sommer vervang word nie.
Ek het dit al gesê maar gaan dit weer sê: Afrikaans en sy gebruikers is beskrywend. Ons maak nie nuwe unieke woorde nie. As ons nuwe woorde maak is dit beskrywend van dit waarvoor die woord gebruik word (gedagtekardoes) of dis 'n verdraaing van 'n woord uit 'n ander taal.
"Host" is 'n gasheer/gasvrou/gasding. Iets of iemand wat die gas akomodeer.
Wanneer dit 'n werkwoord word is daar geen ordentlike vertaling in Afrikaans nie. Wel verskillende woorde wat verskillende vorms van host beskryf.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 07:20:25 AM
Dankie Naas.  Ek sal hoor wat sê Raaitjie en Aintjie. 
Title: Re: Forumterm
Post by: Naas on November 12, 2021, 07:45:53 AM
 :dontknow:  So werk my grysmassa nou weer oortyd...
As 'n "host" gasheer/gasvrou/gasding speel host (werkwoord) hy. Sal die werkwoord "host" dan in Afrikaans "begas" wees? Ek het "vergas" oorweeg maar dan oorleef sy gaste nie.  :nono:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Forumterm
Post by: Naas on November 12, 2021, 07:48:56 AM
O hallie ha...
Board - gedagtekardoes
Boardroom - gedagtekardoeskamer


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 07:52:38 AM
Hannes meen ons moet sê Andre bedryf die forum vir ons. 
Title: Re: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 07:55:19 AM
Ek dink gedagtekardoeskamer kan lekker werk. :icon_biggrin:
Hannes seg dat "boards" kennisgewings is. 
Title: Re: Forumterm
Post by: Assie on November 12, 2021, 08:03:05 AM
Sê vir Oom Hannes boards is die goed waaraan die kennisgewings geplak word.
Kennisgewingborde. Dis hoekom almal liewerste praat van boards want dis korter en dis Jappie Afrikaans.
Oom Naas in pc-terme word die woord host in gasheer verband gebruik. As hulle praat van 'n host in rekenaartaal is die die progam en of hardeware wat gasheer speel vir kleiner programme. Die forum se gasheer (host) is 'n server (bediener) wat êrens staan en gasheer speel vir die forum program. Uitgawe 20.0.15

 :mumum:
Title: Re: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 08:06:36 AM
Oom Hannes sê kennisgewings klink beter as boards.   :icon_biggrin:   Hy sê 'n mens eet jou pap uit 'n bord uit. 
Title: Re: Forumterm
Post by: Naas on November 12, 2021, 08:13:47 AM
Hannes se bedryf is ook reg. Dis een van die mooi vertalings van "host" die werkwoord.
Bedryf kan ook in ander applikasies aangewend word. Bv. "My vrou se kos is so sopperig, die vleis bedryf die hele bord vol."
En "die ANC bedryf 'n kakistokrisie"



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 08:15:04 AM
Hannes sê hy ry ook nie 'n bakkie nie.  Hy sê 'n hond eet uit 'n bakkie uit.   :dontknow:
Title: Re: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 08:20:41 AM
Die draer is besete met luise en nete! 
Dit het my ma altyd met my gedoen! Sy sê ek moet vir my pa gaan sê, dan stuur my pa my terug na my ma met 'n nuwe boodskap.  Na so die 3de keer het my ma dan gesê: Gaan sê vir jou pa die draer van die wete is besete met luise en nete! 
Title: Re: Forumterm
Post by: Naas on November 12, 2021, 08:27:28 AM
Ja nee wragtag... Stem met Hannes saam. Mens ry nie 'n bakkie nie. Jy ry 'n vergrotebagasieruimmotorgedrewevoertuig en klaar. Bakkies is vir Boksburg honde.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Forumterm
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2021, 08:36:32 AM
O genadetjie. Hoe oorleef mens sonder hierdie tipe humor in jou lewe? Te lank uit die land is die termes hoeka ingesetel en die prentjies is geteken vir herkenning. As ek nou gaan begin lol met dit vervang in ons mooiste taal, gaan ek gasserig raak sonder koolsop.
Title: Re: Forumterm
Post by: Naas on November 12, 2021, 09:14:41 AM
Ta Raatjie hierdie onderwerp is sekerlik een van die bekotsingwaardigste onderwerpe in ons taal. Ek sien in my kleinkind die taalverwarring tussen huistaal en skooltaal. Sy gebruik sonder skroom engelse begrippe as ons gesels en ek aanvaar dit want dis hoe sy goed verstaan.
Ek kan egter in my eie blaas piepie wanneer jappies letterlik woord vir woord tussen tale rondspring. Daar is nie 'n aanduiding van watter taal hulle praat nie.
Om die eerlike waarheid te sê kan ek nie eers begin om my weersin in die mengelmoes te verwoord nie.
Ek moet liewer hierdie onderwerp van mengeltale vermy


Assie se Oupa sê stilbly is die beste kwaai vloekwoord in die woordeboek.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Forumterm
Post by: PM on November 12, 2021, 10:00:14 AM
Dit is hoekom ek nie wil hê jy moet stilbly nie Naas.  Ek kan die gedruis van die stilte nie hanteer nie!  :angel12:
Title: Re: Forumterm
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2021, 10:23:14 AM
Stilbly is ook 'n merske weggee van die geelbaadjie (of is dit groen?) Deel ek ons Meisiekindjie se  fotos van onlangse toekenning vir haar liefdadigheidsorganisasie aan my skoonsus. Week lange swye tot nou toe. Dan weet ek...mens gee jouself weg selfs deur te swyg. Eish.