Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Naas on November 10, 2021, 08:31:10 PM

Title: Pomp
Post by: Naas on November 10, 2021, 08:31:10 PM
Ek wil iets sê, en ek gaan dit sê...
Nuwe petrolprys in SA in ag genome is die straathoek anties nie meer die duurste pompe in die stad nie.
Kan ons regtig nog bekostig om te ry. Stoot is dalk nou goedkoper.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: Assie on November 10, 2021, 08:55:42 PM
Oupa sê dis tyd dat die osse weer begin werk.
Ek wonder of hy hulle voor die trekker gaan inspan?

 :mumum:
Title: Re: Pomp
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2021, 11:18:55 PM
Ek wil ook iets sê, en ek gaan dit baie saggies sê: "fluister, fluister..ek het nie meer krag vir stoot van enige aard nie, as oupa die osse voor die trekker inspan spring ek eerste op en klou vir lewe en dood..."
Title: Re: Pomp
Post by: Naas on November 10, 2021, 11:26:57 PM
Eendag as die elektriese karre tegnologies posvat sal ons nie meer by die pompstasies hoef aan te gaan nie.
Toemaar Ta Raaitjie, met die kakistokrisie van EKSDOM hoef ons nie meer te pomp nie want ons is klaar ge... skroef.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 12:00:08 AM
Groot stories diekant vir promosie van groenkarretjies. Genadiglik sal Outoppie en die uwe sekerlik nie meer skop tot dan nie want hy sal nie afstand doen van sy Jeep nie lol. Hy sal prosedeer en homself aan die spaarwieletjie vasmaak.
Title: Re: Pomp
Post by: Naas on November 11, 2021, 12:07:50 AM
Ek glo hulle sal nie petrolvoertuie wat reeds is wegmaak nie maar eerder net verbod op nuwes plaas en dit so uitfaseer oor tyd.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: Antjie Patat on November 11, 2021, 07:02:56 AM
Ek lag myself nou lekker simpel.... stoot, pomp, skroef.... in stik donkkerte, want die ligte is mos af...
Verstaan ek nou gladnie meer nie, en nou so deurmekaar soos die septerswaaiers...

Hoe...hoe op dees flippen aarde, laai n elektriese kar in ons land as jy "op jou merke gereed" staan vir wanneer dit aankom.... sodsat jy net n keteltjie kan kook, of n kossie kan warm kry?
Hoe gaan dit werk met meer en meer items wat elektriek nodig om te werk... tot straatligte word gekaap....

Met die hoeveelheid steenkool in ons land, sou ek eerder dink bring al wat kan stoom eerder weer terug, tot tremme....

Ek sien n toekoms met al wat leef wat n solartjie op n sambreeltjie dra om op fone te praat.
Binne voertuie se dakke (venster model in dak), en ek sien ook die septerswaaiers se belasting verbod op al wat solartjie is...
Scootrers dink ek gaan inkom soos in Indiese lande, of by die rys plantasies...
I s ek negatief... neee.... hoe so? Want ons leef nou al jarrrrre met die vergrype van KONFUSIOUS.

Pomp is in....seg ek.... krag is af seg ek ook.... dit meen knoppies druk is uit en 'elbow-ghries' is in...
Title: Re: Pomp
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 07:38:12 AM
Bulder ek nou onvroulik diekant Antjie. Ek weet een ding, in die donker knyp iemand die kat iewerste en voor jy weet is al die pale gesteel en weet jy nie meer wie is swanger nie. Ouboet sou seker net  :icon_scratch: het vir die nuwe SA.
Title: Re: Pomp
Post by: Naas on November 11, 2021, 07:53:40 AM
Ek sien PM sit lank vas by die pompende topic...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: PM on November 11, 2021, 07:57:27 AM
Incompetence - Onbevoegdheid 
Ja, ek steek toe vas want my gehue het mos in die slag gebly.  Ek moes eers gaan vasstel wat die Afrikaanse woord vir daardie verskiklike siekte is. 
Ek skud net my kop.  Sonder Eksdom! kan ons niks doen nie.  Almal en alles is van lyn af!  Mense, ek word koud as ek dink aan die nagevolge. 
Title: Re: Pomp
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 07:57:48 AM
Dink jy sy gaan ons tronk toe stuur Naas?  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: Naas on November 11, 2021, 08:00:58 AM
Wie's bang?  :sign10:
 :angel8:

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: PM on November 11, 2021, 08:01:43 AM
Nee, toe nou nie, dit is net my ernstige deel wat die oorhand gekry het.  Ek geniet die "banter" geskerts dit verlig die bedruktheid wat my oorval as ons praat oor ons mooi (bevuilde, bemorsde) land. 
Leeupoort se pomp het ook  mos gebreek.  Ek dink dit is omdat almal daar so oud is al. 
Title: Re: Pomp
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 08:02:29 AM
Ek pak maar by voorbaat so ietsie in vir ons. Nou gaan ek weer heel dem aand sing: ek's 'n dapper muis.... :angel4: Bly jy kon bietjie ligter voel PM!  :love7: Ek teken nou eers uit diekant, die aand het ons vroeg ingehaal. Erg bewolk en soos tien jaar gelede voorspel hulle erge vloede wat alreeds kop uit gesteek het op sommige plekke. Wonder juis of ons die naweek deur die creeks gaan kom na Meisiekindjie toe.
Title: Re: Pomp
Post by: PM on November 11, 2021, 08:03:50 AM
Sit net 'n ekstratjie in, ek gaan saam.   :sign10:
Title: Re: Pomp
Post by: Naas on November 11, 2021, 08:08:31 AM
Daar's niks so onbruikbaar as 'n geroeste pomp nie.
Hy "snap, crackle en pop" soos ontbytkos met warm melk.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: PM on November 11, 2021, 08:14:34 AM
Ons praat weer as daai pomp heeltemal oppak!   :angel4:
Title: Re: Pomp
Post by: Naas on November 11, 2021, 08:21:54 AM
Geroeste pompe en klem in die kaak... As die pomp (selfstandige naamwoord) oud word word sy wassers hard. Al werk hy nie meer nie lek sy kraantjie darem nog.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pomp
Post by: PM on November 11, 2021, 08:27:31 AM
Praat jy wat tanne het!  'n Vriendin van my het gister verjaar en ek skakel met gelukwensings.  Haar man het verlede jaar 'n masiewe hartaanval gehad.  Trippel omlyning.  Toe kry hy 'n heupoperasie.  Nie lank daarna nie 'n knievervanging.  Die 17de gaan hy vir 'n skoueroperasie.  Seg ek vir haar, hulle moet hom nou nog net "resleeve" dan is hy splinternuut!  :bootyshake: