Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Grappies => Topic started by: Assie on October 14, 2021, 05:10:59 PM

Title: Die mot
Post by: Assie on October 14, 2021, 05:10:59 PM
'n Man loop in by 'n tandarts en sê, " Kan jy my help asseblief? Ek dink ek is 'n mot?"
"Jy het nie 'n tandarts nodig nie.", sê die tandarts, "Jy het 'n sielkundige nodig."
"Ek weet!" sê die man.
"Nou hoekom het jy hier ingestap?" vra die tandarts.
"Die lig was aan!", sê die man.

 :mumum:
Title: Re: Die mot
Post by: Trapsoetjie on October 14, 2021, 08:50:11 PM
Lekker lag ekke nou.

 :angel12:
Title: Re: Die mot
Post by: PM on November 14, 2021, 11:34:35 AM
 :icon_biggrin:  Ek wonder of hy weet hy ly aan 'n gesplete persoonlikheid.  :icon_biggrin:
Title: Re: Die mot
Post by: Naas on November 14, 2021, 12:13:54 PM
Is dit dieselfde as 'n gesplete verhemelte?


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die mot
Post by: PM on November 14, 2021, 12:16:33 PM
Amper so iets, maar 'n ou met 'n "gesplete vehemelte" is iemand wat baie skinder en as hy uitgevang word dan verander hy sy storie.